Gesellige Leeskring afsluiting

Gesellige Leeskring afsluiting

Gansbaai Courant

 “Ons het vanjaar besluit op ‘n gesellige middagete by die Light House Tavern as ons Jaareindfunksie, met Dirk Laurie wat die gaste op ‘n vindingryke manier besig gehou het,” vertel Annemarie du Plessis, voorsitter van Gansbaai Leeskring.

Die groep getroue “boekwurms” het die geleentheid terdeë geniet en heerlik saamgekuier. Hierdie groep is gelukkig nie regtig net ‘n groep “boekwurms” nie, maar wel getroue lesers en besprekers van vele interessante boeke deur knap skrywers. Hulle sorg ook vir gereelde sprekers wat hul eie boek of boeke bespreek wat te alle tye op interessante en leersame wyses byeenkomste neerkom. Ons beplan ‘n veelsydige en interessante program vir 2015,” vertel Annemarie. Sy sê die volgende boeke gaan onder andere bespreek word: Die Dooies Leef deur S.D. Fourie, Die Bundels van Carine Badenhorst, A History of God deur Karen Armstrong, Americanah deur Chimamanda Ngozi Adichie, Valsrivier deur Dominique Botha en andere.

Gansbaai Leeskring se byeenkomste vind altyd op die 3de Dinsdag van die maand om 10:00 in die Biblioteek plaas. Kennis kan nou reeds van 2015 se datums geneem word: 17 Februarie, 17 Maart, 21 April, 19 Mei, 16 Junie, 21 Julie, 18 Augustus, 15 September, 20 Oktober en 17 November. Sprekers sal nader aan die spesifieke datums bekendgemaak word, aangesien dit soms gebeur dat ‘n persoon bespreek word, maar weens omstandighede nie daar kan wees nie en ‘n ander spreker moet gereël word.

Vir navrae rakende Gansbaai Leeskring, kan Annemarie by 082-486-0135 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by pvduplessis@vodamail.co.za.

Hardus Botha

Gesellige Leeskring afsluiting

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant