HaS bedank in styl

HaS bedank in styl

Gansbaai Courant

Herberg-aan-See se Algemene Jaarvergadering, wat jaarliks eintlik ‘n “Dankie-sê” funksie is, is vanjaar weer eens as ‘n prestige-funksie aangebied. Die verhoog het pragtig vertoon en die tafels gesellig, met die ete wat deur hulle personeel onder leiding van Marlene van Rooyen aangebied is. Anita van Dyk het as seremoniemeester opgetree, met ds Dirk van Dyk wat die verrigtinge op gepaste wyse geopen het en past Beryll Coetzer wat die tafelgebed gedoen het.

“Wie armsorg verleen, gee ‘n lening aan God,” het Anita gesê. “Barmhartigheid is in almal se harte, maar is dit ook in die hande?” Dames-inwoners van die Tehuis het “Liewe Vader, ons sê dankie…” onder leiding van Aletta Lochner gesing en ‘n staande toejuiging daarvoor ontvang.

Die Bestuurder, John van Rooyen is aan die woord gestel waartydens hy eerstens die Beheerraadslede aan die gaste bekendgestel het en hulle vir hul onbaatsugtige werk en samewerking geloof het. Hulle is Joe Mangiagalli (voorsitter), Wollie Jacobs (ondervoorsitter en finansies), Hennie Lochner (NGK), Flip Geldenhuys (geboue), Len Olivier (personeel), Francia van Dyk (ombudsman, fondsinsameling en Goue Hande), Hermine Groenewald (voorsitter: huiskomitee), Ryan Murtz en Norman Sauls (VGK) en dan John van Rooyen (Bestuurder: HaS).

Met verwysing na die Goue Hande onder leiding van Francia van Dyk het John gesê: “Hulle betrokkenheid by die Tehuis vorm ‘n onontbeerlike basis met alles wat deur hulle vermag word, asook hulle fondsinsamelingsprojekte.” Die bord-embleem en sertifikaat wat vroeër vanjaar deur Badisa aan Gansbaai Goue Hande vir “Vrywilligersgroep van die Jaar” toegeken is, is seremonieel weer aan hulle oorhandig.

Tans sien die personeelstruktuur soos volg daaruit: John van Rooyen (bestuurder), Anita van Dyk (administrasie), Suster Linda Meyer en Stafverpleegsters N Klein en L Henn (verpleging), saam met 14 verpleegpersoneel. In die huishoudelike afdeling is daar 9 personeellede. In totaal is daar tans 57 inwoners: Gang 3 (11), Gang 2 (10), Siekeboeg (17), Nasorg (6) en Woonstelle (13). Die voorsittersverslag van Joe Mangiagalli is in die Jaarverslag opgeneem.

Hy begin met ‘n aanhaling van CH Dodd: “Christelike liefde is die bereidheid om wat waarde het vir my eie lewe prys te gee - sodat dit ook die lewe van ander kan verryk.” Sy verslag het ook vir vele opregte bedankings voorsiening gemaak, wat hy ook later persoonlik aan die gaste voorgehou het.

Hardus Botha

Foto onderskrif: Die knap span, onder leiding van Marlene van Rooyen (4de van regs)

HaS bedank in styl

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant