DA wen met 74.95%

DA wen met 74.95%

Gansbaai Courant

Die DA het die onlangse tussen-verkiesing op 26 November 2014 vir Wyk 2 met 1,475 stemme teenoor die ANC se 493 stemme gewen, wat op ‘n oorwinning van 74.95% te staan kom.

Die tussenverkiesing is gehou ná die bedanking van rdh Pieter Scholtz. Die nuwe raadslid, wat as kandidaat vir die DA gestaan het, is Riana de Coning, wat reeds sedert 2011 by die Gansbaai-tak van die DA betrokke is. “Hiermee ‘n hartlike woord van dank aan al die kiesers van Wyk 2, naamlik De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai-dorp en Blompark vir die stem wat julle in die tussenverkiesing uitgebring het,” sê Riana. “Die DA het ‘n goeie oorwinning behaal, maar wat kommerwekkend is, is die lae stempersentasie van slegs 58%.”

Riana sê hulle is bewus daarvan dat daar onsekerheid rakende registrasie van kiesers bestaan het, asook kiesers wat in ander wyke geregistreer was, maar wel in Wyk 2 woon. “Hierdie saak gaan beslis reggestel word voor die 2016 munisipale verkiesing,” sê sy. “Die lae stempersentasie bly egter steeds ‘n bron van kommer, aangesien slegs die helfte van die kiesers in Wyk 2 hul stemme uitgebring het, met die res wat dus nie hul demokratiese reg om seggenskap in hul wyk uit te oefen nie, gebruik het nie.” Riana en haar DA-span doen ‘n ernstige beroep op alle kiesers om te verseker dat hulle na die volgende sal omsien: Kiesers moet geregistreer wees in die wyk waarin hulle woon; Moeite moet gedoen word om tydens die volgende verkiesing (2016) hul stemme uit te bring; SMS ID-nommers na 32810 om dadelik ingelig te word oor waar jy geregistreer is.

“Hiermee wil ek vir almal wat in Wyk 2 woon, die versekering gee dat ek hulle belange sal dien en hulle sal verteenwoordig, ongeag van wat hulle politieke affiliasies is, maar ons moet as ‘n gemeenskap saamstaan en saamwerk om die gemeenskaplike doel van ‘n ‘beter lewe vir almal’ te bereik,” sê Riana.

Sy kan by 083-597-2781 of 028-388-0788 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rdc@axxess.co.za.

Hardus Botha

DA wen met 74.95%

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant