16 Dae en 'n Manlike Feeks

16 Dae en 'n Manlike Feeks

Gansbaai Courant

Ons is in die middel van die sestien dae aktivisme vir die veldtog teen mishandeling van vroue en kinders, maar wie is die aktiewe deelnemers  en hoe lyk daardie deelname? Gaan dit enige uitwerking hê op die ernstige oortreders en wie is die ernstige oortreders?  Dit is ‘n aaklige besigheid wat besig om in ‘n horribale, wêreldwye  pandemie te ontwikkel.  Drie gevalle van  kindermishandeling,  wat weggooi in ‘n put,  fatale mishandeling deur ‘n ma en ‘n ouma  en diefstal met die oog op handeldryf  insluit, alles binne die halfuur bestek van ‘n halfuur  se nuusprogram,  is net te erg.  En dan is dit nie eens die punt van die ysberg nie, dit is die ysmolekule wat aan die verste punt van daardie tip vaskleef, want dit  wat die nuus haal,  is net enkele  voorbeelde  van  wat  agter  die  skerms  aangaan. Veral waar kinders  die teikens  raak van volwassenes se frustrasies,  is daar  altyd  iemand  wat  die  oortreder  wil  beskerm.  En frustrasie – so kom dit vir my voor – kon in al drie die scenarios ‘n rol gespeel het en ‘n lafaard  sal altyd die sagste  teiken  uitkies  om sy frustrasie op  te  lug. 

Verlede week was daar op Facebook ‘n waarskuwing deur die Struisbaai Gemeenskaps Polisiëring Forum geplaas, na aanleiding van ‘n kennisgewing vanaf  SAPD Napier, oor ‘n rapportering van intensie tot mensehandel op die plaas Skietpad in die Napier distrik.  Een bruin en drie swart mans in ‘n wit Toyota sedan met ‘n Kaapse registrasienommer  en donker vensters het die plaas se werkers genader  met ‘n aanbod om kinders by hulle te koop. Die  mans het almal goue ringe en kettings gedra  en ook baie goud in hulle tande gehad. (Sersant Jafta van Napier het  dit telefonies aan my bevestig). Onmiddelik vat my kop spoor na  die mense  wat so  aan  ons  deure  klop  op  soek  na  goud  om  te  koop.  Dit  mag  ‘n  verregaande  assosiasie  wees,  of dit  mag  dalk  nie.  Wie  sal  weet of  hulle  nie  eintlik  soek  vir  kinders  nie?  Al beteken dit dan dat ons in ‘n wantrouige nasie moet verander, bly sestien dae van aktivisme nie genoeg nie.  Ons moet ons maar instel om elke dag aktief op te tree deur  sulke stories te verkondig sover as wat ons gaan, dit in die plek van skinder van ons naastes  te stel.  Net soos met skinder, gaan  mense  dit glo, of hulle gaan dit afmaak as  sinneloos.  Praat!  Dit is die enigste pro-aktiewe optrede  wat gaan werk.

Daar is egter ‘n ander stil, sluipende oortreder: die emosionele  mishandelaar, die manlike feeks.  Dit is die een wat geen erkenning gee aan die behoeftes van sy lewensmaat nie; wat selfbejammering gebruik  om  die maat  te manipuleer;  wat gedurig kritiek lewer teen dit wat die vrou doen en opmerkings  en “grappe” oor haar maak.  Hierdie teisteraar  se stemtoon is gedurig snedig of sarkasties wanneer hulle alleen is;  hy skuif  die slagoffer uit, of ignoreer haar;  hy neem geen besluite rakende die gesin nie,  maar  is vining  om te  verwyt as dinge  nie  na  sy  sin  verloop  nie.  Hy leef net vir homself  en  sien  sy lewensmaat as ‘n verlenging van sy eie persoonlikheid in plaas daarvan om haar te erken as ‘n individu  met eie gedagtes, gevoelens, opinies en optrede. Die uitwerking van hierdie tipe molestering is dat die slagoffer sosiaal terugtrek, omdat sy haar selfwaarde en selfvertroue verloor. Weens gedurige negatiewe  aanvalle raak sy onseker, skaam, en haar voortvloeiende besluiteloosheid kan dan lei tot passiwiteit. Omdat so ‘n mens se energie getap word in ‘n poging om die situasie innerlik te beveg, lei dit tot apatie en depressie; die chaotiese gedagtes breek  die liggaam en sy sisteme stuk-stuk af.  Daar is geen sigbare blou kolle  of wurgmerke nie;  dus geen bewyse  om ‘n klag mee te gaan lê nie.  Emosionele mishandeling  is nie vervolgbaar nie.  Miskien behandelbaar, met die konsent van die oortreder.  Maar wys vir my één manlike feeks wat bereid  is  om  sy foute  te erken.  Die oplossing vir emosionele mishandeling is nog nie gevind nie, en tog  is daar miljoene vroue  wat in stilte verneder en afgebreek word.  Sestien dae doen aan hulle saligheid net mooi niks. Dalk  kan ‘n baksteen of ‘n goeie, sterk plank iets doen!?

Carine Badenhorst

16 Dae en 'n Manlike Feeks

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant