Profiel Gallie Vermeulen

Profiel Gallie Vermeulen

Gansbaai Courant

Gabriël Petrus Vermeulen (80), beter bekend as Gallie, is op 4 Februarie 1934 in Gansbaai gebore. Sy vader en moeder was Danie en Baby Vermeulen wat ook die “Spreeugate” gedurende die veertigerjare self gebou het, waar Crazee Store vandag is.

Gallie vertel dat hy met die bouwerk gehelp het en dat dit die eerste dubbelverdieping-gebou in Gansbaai was, met sy pa wat die destydse “Maré-Dané” as Algemene Handelaar bedryf het. Die kompleks is later in woonstelle omskep. Gallie het op die plaas “Strandskloof” grootgeword en in Uilenkraalsmond skoolgegaan. Die enigste onderwyser was ‘n ene Louis Fourie, wat ook die eerste huis destyds in Franskraal besit het.

“Ek onthou hoe ons kaalvoet oor die berg vanaf Strandskloof skool toe gestap het en ook gereeld harders getrek het,” vertel Gallie. Hy is die enigste oorlewende uit ‘n totaal van 3 dogters en 6 seuns. Sy broer, wyle Jan Vermeulen, het die destydse kafeetjie, die “Ting-Tong”, ook in die “Spreeugate”, bedryf en Gallie vertel dat dit ‘n baie gewilde kuierplek vir jongmense was.

Gallie is met Petro getroud en het drie seuns uit sy eerste huwelik: Danie (53), eienaar van die bekende “Biltong & Nut Corner” by Gansbaai Superspar se ingang; Francois (51), ‘n besigheidsman van Robertson; Gerhard (49), ‘n besigheidsman van Graafwater. In totaal spog Gallie met 7 kleinkinders en 4 agterkleinkinders.

Gallie se beroepslewe het as Bosbouer vir sowat ‘n jaar lank begin, waarna hy vir ‘n paar maande in Saldanha “ge-trawl” het. In 1952 aanvaar hy diens by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens waar hy vir 28 jaar werk, tot en met sy aftrede in 1980.

Sedertdien is hy terug in Gansbaai waar hy rustig vir die afgelope 34 jaar woon. Die 80-jarige Gallie verkeer steeds in goeie gesondheid en is nog net so lief om self in sy mooi tuin te werk en ook self die gras te sny.

Hardus Botha

Profiel Gallie Vermeulen

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant