Kersmark op hande

 Kersmark op hande

Gansbaai Courant

 Die NG-gemeente van Gansbaai se jaarlikse Kersmark open op Woensdag, 10 Desember 2014 om 09:00 in die Pretoriussaal. Vrydagaand, 13 Desember is dit die gebruiklike aandmark, asook Vrydag, 19 Desember, waartydens die Kersmark vanaf 09:00 tot 21:00 oop sal wees.

Gansbaai Courant se Dagboek kan vir oop- en sluitingstye geraadpleeg word, maar kennis kan geneem word dat dit daagliks (uitgesluit Sondae) vanaf 09:00 tot 18:00 oop sal wees. “Vanjaar sal daar weer eens nuwe uitstallers wees, selfs vanaf Bloemfontein en Vredendal,” sê Linda Cilliers, organiseerder saam met haar eggenoot, Thys. Vanjaar is Francia van Dyk en haar span vir die restaurant verantwoordelik en die winste sal aan Diens van Barmhartigheid toegeken word om onder andere vir een van die maatskaplike werkers se salaris voorsiening te maak. Soos jaarliks die gebruik is, sal die voorportaal en verhoog weer eens ‘n lus vir die oog wees om te aanskou. Naas vele stalletjie-items wat te koop aangebied sal word, is daar ook meer as genoeg lekkernye soos smaaklike etes, nagereg, koek, tert, drinkgoed en veel meer.

“Die vooraansig van die Pretoriussaal het ‘n behoorlike “gedaanteverwisseling” ondergaan met Thys wat tydelike, maar netjiese, windskerms aangebring het,” vertel Linda. “Ons vertrou dat dit gaan help om die stormwinde by die saal se in- en uitgange te breek.”

Hardus Botha

 Kersmark op hande

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant