Die wonderwerk van Josef se geloof

Die wonderwerk van Josef se geloof

Gansbaai Courant

 “Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. (Mat 1:18,19)

Reg aan die begin van die Nuwe Testament, met die optekening van die geboorte van Jesus Christus, kom daar ’n merkwaardige stukkie geloof na vore wat ons baie keer miskyk. Ek verwys hier na die feit dat Josef, toe hy agterkom dat Maria swanger is, dadelik moes besef het: hier kom ’n ding! Dit was een van die grootste skandes van hulle tyd as ’n meisie swanger geword het buite die beskerming van die huwelik. Só ’n meisie is dan ook summier voor die oudstes gedaag en sy is dan gestenig. Die skande is ook op haar hele familie oorgedra en hulle is verstoot.

Josef kon haar dadelik verwerp het en net weggestap het. Twee dinge gebeur egter: Hy het eers gedink om stilweg die verlowing te verbreek, maar GOD stuur ’n engel om aan hom die situasie te verduidelik – die swangerskap is van die Heilige Gees! Hier is die wonderwerk: Josef moes darem ’n baie gróót geloof en vertroue in GOD gehad het om hierdie storie van die engel te glo en daaraan gehoorsaam te wees. Verder moes hy  dan ook die beste van Maria, sy verloofde bly glo het om dan ook haar dadelik as sy vrou te neem en met haar te trou.

Wat leer ons uit hierdie baie bekende stukkie geskiedenis? Eerstens dink ek dat ’n mens nie sommer dadelik die slegste van iemand moet dink as jy gehoor het wat hulle oorgekom het nie. Agter die storie is daar dikwels ’n baie goeie verduideliking. Gaan eers eenkant toe, slaap daaroor – iewers kom daar ’n verduideliking wat die saak beter belig. Tweedens moet jy nooit twyfel aan GOD se wonderwerkende krag deur dinge wat gebeur nie. Soos Josef kan ons maar gerus glo in GOD se hand in ons lewe – al lyk dinge nou deurmekaar kan GOD gou weer ’n lig laat deurbreek.  Derdens dink ek dit vra ’n totale gehoorsaamheid van elkeen van ons om te doen wat GOD van ons vra, hetsy deur Sy Woord te gehoorsaam, of die stem van die Heilige Gees in jou lewe te erken en te weet wat GOD wil sê.

Kom ons probeer almal om hierdie Kerstyd die beste in mekaar raak te sien en te glo GOD is besig om deur ons almal te werk. Jesus se koms na hierdie deurmekaar wêreld is beslis die grootste wonderwerk van alle tye!

Die wonderwerk van Josef se geloof

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant