Die beste

Die beste

Gansbaai Courant

Om ‘n hengelaar te wees is iets spesiaals en die voordele daarvan te benut ‘n lewenswyse. En is jy deel hiervan, ongeag jou ouderdom, ag jouself bevoorreg. Indien jy boothengel beoefen (en die kanse is goed dat jy ook kanthengel doen) is dit ‘n ekstra. Besit jy jou eie boot is die moontlikheid goed dat dit oor ‘n aansienlike periode sal strek. Dis nou te sê indien die boot nie vergete in jou agterjaart lê en dan slegs in spesiale omstandighede see toe gesleep word nie. Hengel kan boonop deur die hele gesin beoefen word en uitstappies see toe is baie maal vir almal in die huis. Boonop is dit iets wat nie beperk is tot vakansietye nie.

Praat jy van die baie spesiale voordele wat hengel inhou word dit duidelik waarom dit as ‘n vaste roetine beskou word. Om van die kant af te hengel is een van die veiligste sporte om te beoefen, indien jy natuurlik kophou en veiligheidsreëls toepas.

Wat boothengel betref is daar ook, kom ons noem dit maar, nadele. Goed soos aankope, instandhouding, verskeie geldelike verpligtinge, en nog sommer baie ander. Onvoorsiene omstandighede op see verg veiligheidstoerusting en ‘n persoon word later heel bedrewe met probleme wat  kan opduik. Maar wat die see jou bo alles leer is om hom te respekteer en enige onnodige kansvattery te vermy. Maar kom ons kyk bietjie hoekom boothengel so ‘n groot aantrekkingskrag inhou.

Stel jou die volgende voor: Dis baie vroeg die oggend en die weer is 100%. Dis nog donker en jy is op see, op pad na jou vangplek. Jou bemanning is lankal deel van die prentjie en almal is mense wat jou belangstelling deel. Julle verstaan mekaar en dis genotvol om so rustig saam te verkeer. Die opwinding is ook daar want die beplanning is gedoen en almal sien uit na ‘n lekker dag se vangs. Die aas is reg en vandag is die hoop op snoek, geelbek of kabeljou. Die onverwagse is juis wat die opgewondenheid veroorsaak. Die oggendsonnetjie wil deurbreek, sonstrale verskyn oor die bergtop en die wolkies word omsoom deur allerhande kleure. Fosfor is nog duidelik in die water en vertoon soos vuur wanneer die boeg deur die water klief. Die koue lug trek hier op jou rug af  --  vars het nog nooit ‘n beter betekenis gehad nie! Jy begin selfs liggies sing en ‘n groot   tevredenheid kom lê in jou. Watter seëning!

By jou vangplek aangekom word die anker laat sak en sodra die boot sy lê gekry het is die lyne blitsig die water in. Die groot aksie kan enige tyd begin. Die eerste vis wat uitkom sorg sommer dat almal se hoop op topaksie ingestel is. Toe dáái eerste ou grote vat is almal aan die raai of dit ‘n vis of  ‘n haai is en omdat hy losgekom het sal niemand ooit weet nie  --  maar die hele “crew” weet tóg almal , want so loop ‘n haai mos nie, of loop hy juis so?

So kan ons aangaan. Later in die dag word ‘n koffie gedrink en iets geeët. Meeste van die manne glo juis dis waarvoor die vis wag en die een oog bly dus vasgenael op die lyn. Selfs as jy die dag nie eet nie en die vis het nie gebyt nie, is die verskoning gewoonlik “ek was te besig”. Jy weet mos nooit!

Dankie aan Hom en dankie vir die voorreg om te kan meedoen. Groete,

Seemeeu

Die beste

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant