Rolbal Nuus 27 November '14

Rolbal Nuus 27 November '14

Gansbaai Courant

Eerskomende Vrydag en Saterdag gaan dit die ene bedrywigheid by Franskraal Rolbal Klub wees wanneer ons, ons dertiende Walvis Classic, geborg deur Superspar, aanbied.  Hierdie toernooi is dan ook die hoogtepunt op ons rolbal kalender.  Ses en twintig spanne vanuit die Westelike Provinsie, Boland en, onder andere, van so ver as Jan Kempdorp en Darling,  gaan meeding om as wenners van die gesogte trofee gekroon te word. Vier spanne van Franskraal neem ook deel.

Heelwat provinsiale spelers gaan ook deelneem en rolbal van hoogstaande gehalte word verwag.  Na die eerste rondte, waar spanne geloot word om teen mekaar te speel, gaan alle wedstryde op ʼn sterk teen sterk basis beslis word.  Dit sal verseker dat die wenners na twee dae se spel, slegs teen die beste spanne sou gespeel het.  Die wenners sal dus eers met die laaste wedstryde op Saterdag bepaal word, wat Intense mededinging tot aan die einde sal verseker. 

Vermoeiende werk, is agter die skerms, deur ons baie gewillige en hardwerkende lede gedoen. Hierdie kompetisie sou nie sonder hulle toewyding aangebied kon word nie.  Ons is baie trots op al hierdie lede.  Belangstellendes is welkom om deur die loop van Vrydag en Saterdag te kom inloer by Franskraal Rolbalklub om te kom kyk na die spel. ʼn Wonderlike tyd word al ons besoekers in die pragtige Gansbaai en omgewing toegewens.  Mag julle, na julle besoek aan ons, net goeie herinneringe met julle saamneem en ons gou weer vereer met ʼn besoek.

Ons is reeds hard besig met beplanning vir die Besigheidsliga wat op Woensdag 4 Februarie 2015 ʼn aanvang neem.  Eersdaags sal inskrywingsvorms en inligtingstukke by besighede en ander instansies, afgelewer word.  Let asseblief daarop dat dit nie net besighede is wat hieraan mag deelneem nie. Skole, sportklubs en ander belangstellendes kan almal hiervoor inskryf.  Alle deelnemers sal deur ons klubspelers bygestaan word indien hulle hulp en afrigting verlang.  Hierdie is voorwaar groot pret en ons moedig u aan om te kom deel in die wonderlike atmosfeer wat op die baan heers.  Ons, as klub, sien daarna uit om u te ontmoet en te verwelkom.

Vir meer inligting oor hoe om deel van hierdie pret te word, kan u gerus vir Jane de Villiers by 076 126 2956, Marius de Witt by 082 926 0892 of vir Philip Malherbe by 082 920 2941 skakel.

Rolbal groete tot volgende keer. 

Philip Malherbe

Rolbal Nuus 27 November '14

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant