Overberg Boothengelklub se 30ste

Overberg Boothengelklub se 30ste

Gansbaai Courant

Overberg Boothengelklub vier vanjaar hul 30ste verjaardag. Gedurende die afgelope naweek het hulle Algemene Jaarvergadering plaasgevind, asook hulle Jaareindfunksie. Die nuwe komitee vir volgende jaar is verkies, met DP Burger as voorsitter.

Die ondervoorsitter vir 2015, Stephen Ashlin, is bedank vir sy getroue werk as voorsitter gedurende die afgelope jaar. Die Jaarverslag verwys daarna dat die jaar se hengeldae nie so gereeld kon plaasvind soos op die kalender aangedui is nie, maar weersomstandighede speel maar altyd ‘n groot rol.

Die hengeldae wat wel plaasgevind het, het gelukkig vir goeie kompetisie tussen die manne, juniors en dames gesorg. Na afloop van die prysuitdelings is daar gesellig tot sommer baie laat saamgekuier. Dan het Charl du Plessis ook gedurende die aand sy Erelidmaatskap ontvang vir vele jare se deelname en betrokkenheid by die bootklub.

Die trotse wenners wat vir 2014 uit die stryd getree het, is: Wayne Middleton (Hottentot), Jacques Luff (Knorhaan), Lukas Holtshauzen en Johan van Zyl (Rooi Roman), Christof Dahl (Jnr) (Silwervis), Gert du Plessis (Kabeljou), Divan Burger (Jnr) (Geelbek), Amanda van Staden (Rooistompneus) wat ook ‘n WP-rekord is en Anton Kriel (Witsteenbras), ook ‘n WP-rekord.

Die prestasie as Top-boot in die klub, asook die Suid-liga, behoort aan Kingfisher met Skipper DP Burger. Die Top Junior Hengelaar vir 2014 is Divan Burger en die Top Hengelaar in die Suid-liga vir Overberg Boothengelklub is Amanda van Staden.

Die trotse Top Hengelaar vir 2014, asook Sportman van die Jaar is Stephen Ashlin, met Amanda van Staden as die Sportvrou van die Jaar.

“Geniet die kreeftrek, en onthou dit is net 16 Desember, dan weer die 20ste tot die 2de Januarie 2015 en dan weer Paasnaweek,” is die boodskap wat oorgedra is.

Hardus Botha

Overberg Boothengelklub se 30ste

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant