Besoekersgetalle lyk belowend

Besoekersgetalle lyk belowend

Gansbaai Courant

Te oordeel aan enkele navrae wat deur Gansbaai Courant gerig is, wil dit voorkom asof besoekersgetalle vir die Feesseisoen belowend lyk. “Gansbaai Karavaanpark het vanjaar die hoogste besprekingsgetal vir die afgelope ±3 jaar,” sê mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie.

Norman Stevens is die nuutaangestelde Bestuurder van die karavaanpark, nadat Charlie Nowers onlangs ná vele jare se getroue diens afgetree het. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het laat weet dat veral die selfsorgeenhede (lede van Gansbaai Toerisme) baie vol vanaf 18 Desember tot in Januarie bespreek is, maar by die B&B’s en Gastehuise is daar nog plekke beskikbaar. “Dit blyk dat besoekers vanjaar bietjie langer vakansie hier hou, ten minste ‘n week of twee, terwyl ons verlede jaar gevind het dat dit hoofsaaklik net oor Kersfees of oor Nuwejaar die geval was,” sê sy. “Maar ons ontvang daagliks steeds versoeke vir akkommodasie en dit wil lyk asof mense eerder in families kom vakansie hou.” Sy sê heelwat navrae deur meer as een familie (met honde) wat huise soek om te huur, word ontvang en dan ook so na as moontlik aan die see. “Ons het gevind dat mense vooraf navrae rig oor aktiwiteite in die area, maar in hierdie verband kon ons vele inligting verskaf.” Johan Botha, Bestuurder: Uilenkraalsmond Vakansie-oord, sê dat hy meer as tevrede is met vanjaar se besprekings en dat die oord reeds vol bespreek is.

“Mense bly ook vanjaar vir langer tydperke as verlede jaar,” sê hy. Strandskloof Karavaanpark se eienaars, Tot en Isabel Fourie, is ook baie tevrede met vakansie-besprekings wat beter is as verlede jaar. Hulle het ook bevestig dat mense langer bly en daar is ook meer “agtermekaar”-besprekings per plot. “Ek het alreeds ‘n lang waglys van mense waarvoor ek nie plek het nie en is bykans drie-kwart vol bespreek vir volgende jaar ook,” vertel Tot. ‘n Belowende en ekonomiese Feesseisoen wag dus hopelik op Gansbaai se onderskeie sakelui.

Hardus Botha

Besoekersgetalle lyk belowend

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant