Ouermaatskappy van Laerskool Gansbaai

Ouermaatskappy van Laerskool Gansbaai

Gansbaai Courant

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die kersboom  uitgehaal word, kersfeesgeskenke beplan word, wie waar gaan eet en wat ons gaan eet? Dit is vir sommige van ons weke se voorbereiding en dan eensklaps is die dag ook daarmee heen en dan staan ons weer en wonder wat gaan ons doen met die voorbereiding tot die Nuwe Jaar. Wel dit is maklik om die aanloop na Nuwe Jaar nog lekkerder te maak en dit is om in Gansbaai by die  Musiekfees van 27 Desember te kom kuier.

Die fees sal oud en jonk vermaak met kunstenaars soos Heuwels Fantasties, Snotkop, Hugo Nieuwoudt, Nic Stevens en nog baie ander. Hierdie dag mag niemand mis nie. Dit is 'n fantastiese aanloop om die Nuwe Jaar tegemoet te gaan. 

Toegang is R100 vir volwassenes, R50 vir kinders en tot 6 is gratis. Kaartjies is slegs beskikbaar op die dag van die fees by die ingangshekke. Die hekke open alreeds 10:00 en 'n Mej Musiekfeetjie gaan gekroon word tussen 12:00 en 13:00 (inskrywings is beskikbaar by Spar se inligtingstoonbank). Die eerste 30 inskrywings kry elkeen 'n geskenkpak geborg deur Spar. Daar sal  hope pret wees en 'n heerlike boeresportdag word beplan in samewerking met die graad 7 van Laerskool Gansbaai vir  2015. Climbing Wall, Putt Putt baan en 'n bungy bounce gaan ook bydra tot verdere vermaak vir die kinders. Julle mag dit nie mis nie. 

Vir die feesgangers wat net rustig agteroor wil sit en luister en kuier is daar 'n groot biertent met heerlike koue drinkgoedjies. Stalletjies vir die koop met die oog of ietsie te koop vir die maag sal ook beskikbaar wees. Daar sal egter vanaf 15:00 die middag ‘n shuttlediens beskikbaar wees vanaf die ingangshek van die fees na Uilenkraalsmond se karavaanpark (by die super tube)en terug en sal die shuttlediens beskikbaar wees al om die half uur tot die aand na die fees.

As organiseerder van hierdie fees besef ek al te goed dat ons almal huishoudelik- en besigheidsgewys gebuk gaan onder swaar en moeilike ekonomiese tye en die beurtkrag maak dit geensins makliker nie. Ek glo egter dat ons hande kan neem en weereens ons ondersteuning vir Laerskool Gansbaai kan laat tel sodat ons kan verseker dat ons kinders van vandag die leiers van more sal wees en net die beste onderrig moontlik kan ontvang. Dit is die skool se eerste en grootste prioriteit en daarom die fondsinsamelingsfees.

'n Opregte dankie gaan aan Superspar Gansbaai (Morkel & De Wet van Niekerk) vir hulle  jarelange ondersteuning ten opsigte van die bemarking.  Dankie aan Gansbaai Toerisme wat die stalletjies en vermaak hanteer. Dankie aan elke ouer en onderwyser wat hulle beskikbaar gestel het om betrokke te wees by die fees. Dankie aan ieder en elk in Gansbaai vir die positiewe gesindheid, vriendelike ontvangs en die hoflikheid wat ek telkemaal ervaar ter voorbereiding van die fees!!!! Dit maak nie die organisering minder nie, maar met sulke ondersteuning maak almal dit beslis die moeite werd.  Kom almal en geniet die fees saam met ons, jou vriende en familie. 'n Dag wat regtig nie gemis kan word nie.

Feesorganiseerder: Chrizulene van Niekerk, Navrae: 082 873 6889

Epos: park48telkomsa.net

Ouermaatskappy van Laerskool Gansbaai

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant