Agente by Fine & Country presteer

Agente by Fine & Country presteer

Gansbaai Courant

Fine & Country se eienaar, Kobie van Wyk het tydens ‘n onlangse ontbyt in Tolbos Bristo verskeie toekennings aan sy Agente gedoen. “Ek het groot lof en waardering vir julle prestasies en wens julle van harte geluk met dít wat julle bereik het,” het Kobie gesê. Hy het daarna verwys dat die Agentskap veral gedurende die afgelope twee jaar baie goed gevaar het. “Danksy volgehoue en harde werk, kon Agente van Fine & Country daarin slaag om kopers te vind vir ‘n groot aantal eiendomme in De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai, Kleinbaai, Klipfonteyn, Franskraal, Baardskeer-dersbos en Pearly Beach.”

Die Agentskap is goed in hierdie geweste in die onderskeie areas gevestig en daar word uitgesien na die volgende jaar se uitdagings. Die wisseltrofee vir die “Agent van die Jaar” (2012 en 2013), asook gepaardgaande sertifikate, is aan Nelia Muller van Pearly Beach oorhandig. “Nelia is die trotse ontvanger van hierdie toekenning wat sy al meer as een keer kon inpalm,” het Kobie gesê.

Dan het Daniël Geldenhuys en Maria Claassen toekennings as “Runner-up” (Agent met die 2de hoogste verkope) vir onderskeidelik 2012 en 2013 ontvang. ‘n Meriete toekenning is ook aan Maryna Potgieter (Administrasie) gedoen vir haar volgehoue en lojale werk oor baie jare heen. Nog ses Spesiale toekennings is aan al ses Agente gedoen vir hul bydrae om Fine & Country suksesvol in hierdie area te vestig.

Hardus Botha

Agente by Fine & Country presteer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant