Top Tuinbouers

Top Tuinbouers

Gansbaai Courant

Gansbaai Toerisme se op-en-wakker Toerisme Komitee het onlangs ‘n tuinbou-kompetisie vir Blompark aangebied. Hierdie kompetisie geskied onder leiding van Katrina Adams, ‘n komiteelid, bygestaan deur Gina Boysen en Glenda Kitley en is deel van Gansbaai Toerisme Komitee se Ontwikkelingsprojek.

“Dit is die tweede jaar wat ons hierdie kompetisie met groot sukses aanbied en vanjaar is 17 tuine beoordeel, waarvan 4 blomtuine en 13 groentetuine is,” vertel Katrina. Die kundiges wat as beoordeelaars opgetree het, is Judy Bothma en Marie Potgieter, wat deur komiteelid, Gina Boysen bygestaan is.

Die trotse wenners is: Blommetuine - Lena Arends (1ste), Hazel Groenewald (2de), Lorette Geldenhuis (3de) en Rosemary Liebenberg (4de); Groentetuine - Johnny Dyk (1ste en ook vir die 2de agtereenvolgende jaar), Ronald Oktober (2de) en Magrieta Felix (3de).

“Twee jong manne van onderskeidelik 13 en 14 jaar het ook ingeskryf, Lorenzo Geldenhuys en Izaan Newman, wat elk met ‘n spesiale prys beloon is,” sê Katrina. “Ons beplan om hierdie inisiatef na meer areas uit te brei, asook die daarstelling van ‘n markie waar hul produkte verkoop kan word.” Na afloop van die sertifikaatoorhandingings kon die knap “tuinbouers” gesellig met verversings saamkuier en tuinwenke met mekaar deel. Daar is ook spontaan besluit om Marie Potgieter, een van die beoordeelaars, se pragtige “Feëtjie-tuin” in De Kelders te gaan besoek.

Gansbaai Toerisme het vervoer gereël en op 4 Desember is Marie se pragtuin, wat al etlike Agri-pryse verower het, besoek en die groepie was baie beïndruk met Marie se asemrowede tuin.

Glenda en haar vriendelike personeel van Gansbaai Toerisme kan by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuiste is: www.gansbaaiinfo.com.

Hardus Botha

Top Tuinbouers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant