Proe eie wyn

Proe eie wyn

Gansbaai Courant

Gansbaai Wynproegilde se Jaareindfunksie op Vrydag, 4 Desember 2014 het met die “proe van eie wyn” gepaardgegaan.

Die aanbieder, Erhard Roothman, het as gevolg van ‘n skoueroperasie in die hospitaal beland. Amanda de Vries se “Plan B” het uitstekend gewerk: lede en gaste moes elk twee bottels wyn saambring wat op ‘n tafel geplaas is en almal het net saamgekuier. Voor die geselligheid begin het, het Daan Oosthuizen die gilde se finansies voorgehou, waarna die nuwe Bestuur vir 2015 gekies is: Theuns Roodman (Voorsitter), Daan Oosthuizen (Tesourier), Amanda de Vries (Administrasie), Steve Donnely (Lid) en Hardus Botha (Lid). Hulde is aan Helmie de Vries gebring wat die stigter van Gansbaai Wynproegilde op 11 November 2008, sowat 6 jaar gelede was. Helmie het sedertdien as voorsitter gedien tot en met sy afsterwe op 16 Julie vanjaar. Daarna het die geselligheid behoorlik aan die gang gekom, soos net die wynproegilde dit kan doen, bykans soos ‘n familie. Mornay en Charmaine Fourie van Red Pepper Catering het vir die smaaklike vingerete gesorg, terwyl hulle ook hul 15de huweliksherdenking op dieselfde aand gevier het.

Gansbaai Wynproegilde kom op ‘n maandelikse basis bymekaar, waartydens ‘n verskeidenheid van wynkelders se wyne deur hul wynmakers en/of bemarkers op ‘n professionele, maar gesellige wyse, aangebied word. Hierdie byeenkomste vind om die beurt in verskillende Gansbaai restaurante plaas en het só gewild geword dat plekke vooraf bespreek moet word of dis neusie verby.

Vir meer besonderhede rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-832-1614 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Proe eie wyn

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant