Overstrand Arts/Kunste (OAK)

Overstrand Arts/Kunste (OAK)

Gansbaai Courant

Petru Wessels

Carel Trichardt

Katrien Holm (Musiek)


OUDITORIUM, BURGERSENTRUM, HERMANUS

15h30 op Sondag, 21 Desember 2014

Kersklanke belig met woord en klank, die vreugdes, blydskap,  opwinding en die wonder van Kersfees  -  maar ook die hartseer, verlange en eensaamheid.

“Baie van hierdie stories het al gunstelinge geword vir ons gehore en hulle kom luister telkens weer, want soos goeie wyn, word hierdie stories nooit oud nie.”

Kom luister na die Russiese volksverhaal van Baboesjka;  na Jaffie se vertelling van “daardie Nag”;  na ‘n seuntjie wat graag ‘n rooi lorrie vir Kersfees wil hê;  na Dana Snyman se verhaal van Kleintjie Kruger wat hom op ’n Oukersaand opgelaai het;  ’n dogter se oproep na die hemel om met haar Ma te praat.

Kom lag oor die “verskriklike” Herselman kinders se deelname aan die Kersspel en ‘n Boetie en ‘n Sussie wat van hulle eie spesiale kriptoneel vertel.

Dan is daar die groepie kleutertjies wat Die Herders van Bethlehem  opvoer. Maar toe loop die dinge skielik heeltemal deurmekaar!  Onthou julle nog  The little match girl  en  The little fir tree ??

Vir meer as twintig jaar het Petru en Carel Kersstories aan gehore in Pretoria en oral oor vertel.  Kom luister gerus en maak Kersklanke deel van julle Kersseisoen.

Katrien Holm, wat vir baie jare deel was van Kersklanke, kom spesiaal  Hermanus toe, om die nodige atmosfeer aan Kersklanke te gee, met haar klavier, viool en ander instrumente.

 ‘n CD, Keur uit Kersklanke , met van die treffendste stories sal beskikbaar wees.

Skakel BELLINI by 028 312 4988 op Hermanus vir besprekings.  Kaartjies is R120 en R60 vir leerders en studente.  Skakel René du Plooy op 082 940 4238 vir verdere inligting.

Overstrand Arts/Kunste (OAK)

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant