DA wiele rol

DA wiele rol

Gansbaai Courant

Eers was dit die “Blou Golf” deur Gansbaai, Blompark en Masakhane se strate kort voor die tussenverkiesing in Wyk 2 op 26 November vanjaar. Die blou DA-voertuie het met groot basuin rondgery om kiesers aan te moedig om te gaan stem. Die DA is beloon met ‘n oorwinning van 74.95%, met die uitslag wat soos volg was: 1,475 DA-stemme teenoor 493 ANC-stemme. In haar bedanking vir die ondersteuning teenoor kiesers, het rdl Riana de Coning na De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai-dorp en Blompark verwys, maar bygevoeg dat die gebied “Birkenhead” ook deel van die kiesers uitgemaak het.   

Gemeenskapsdiens:

Tydens haar voor-verkiesingsbesoeke het rdl De Coning dit duidelik gemaak dat sy “vir die gemeenskap en met die gemeenskap wil wees” - ‘n stelling wat sy reeds deur woord en daad bewys het. Riana, soos sy verkies om genoem te word, het saam met Janelle Theart op ‘n bedlêende persoon afgekom wat reeds vir jare, as gevolg van ‘n beroerte-aanval, aan sy bed gekluister is. “Ek het dadelik tot aksie oorgegaan en vir John van Rooyen, Bestuurder van Herberg-aan-See gekontak vir ‘n moontlike donasie van ‘n rolstoel,” sê Riana. “John het die meriete van die versoek ingesien en goedgunstiglik ‘n rolstoel geskenk.” Die rolstoel is aan Stefanus AW Johnston oorhandig en hy was weer mobiel en kon die buitelug weer ervaar en kon selfs sy stem uitgebring om sy demokratiese reg uit te oefen.

Protesaksie:

Intussen het Overstrand DA Raadslede aan ‘n protesaksie teen geweld teen vroue en kinders deelgeneem. Die Raadslede, asook DA aktiviste, het op 2 Desember 2014 voor die Hermanus Magistraatskantore hul solidariteit betoon met die aksie: “Stop geweld teen vroue en kinders”. Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsvrou Nicolette Botha-Guthrie, Raadslede en aktiviste, almal in blou, het die koppe laat draai en ook groot entoesiasme deur verbygaande bestuurders en pasassiers uitgelok. Motoriste se  luide getoet, die waai van arms en die geesdriftige geskree: “Viva DA”, het die span “protesgangers” die versekering gegee dat hulle boodskap duidelik oorgedra is.

Rdl Riana de Coning kan vir navrae by 083-597-2781 of 028-388-0788 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rdc@axxess.co.za.

Hardus Botha

DA wiele rol

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant