Tot beskikking van die HERE

Tot beskikking van die HERE

Gansbaai Courant

Maria het nie aangebied om iets te doen nie. Sy het nie gedink dat sy graag iets groots vir die HERE sou wou doen nie. Sy was besig met haar gewone huiswerk toe die engel aan haar  verskyn het in haar tuisdorp, Nasaret. Wat het sy in elk geval gehad om aan te bied? Raad? Haar hulp? Haar gawes? Nee. GOD het niks van haar nodig gehad nie. Behalwe dat sy, gevul met die Heilige Gees en met die krag van die Allerhoogste in haar, die eer en voorreg gehad het om GOD se uitverkore werktuig, hier op aarde te wees.   Soos jy!

Het jy gehoor wat ek sê? GOD wil jou gebruik as Sy uitverkore werktuig, om in hierdie Kerstyd iets groots en wonderliks vir Hom te doen! “Dit kan nie waar wees nie,” hoor ek jou sê. “Ek is nie spesiaal genoeg om iets vir die HERE te doen nie. Ek is te arm, te jonk, te bang. Ek het nie veel geestelike gawes of besonderse talente nie.” Weet jy GOD het ook nie Maria gekies omdat sy só ‘n goeie mens, of baie geestelike gawes gehad het nie. Hy het net gevra dat sy getrou sou wees in die tyd wat sy die heilige Kind van GOD sou dra! Haar gesindheid was reg toe sy geantwoord het“Ek is tot beskikking van die HERE. Laat met my gebeur wat u gesê het.”(Luk 1:38) Sy het ook nie gesê sy het nie tyd of dat sy nie goed genoeg is nie. GOD doen alles. Hy skenk die krag wat jy nodig het en Hy laat die saadjie in jou groei deur die werking van die Heilige Gees. Al wat jy moet doen, is om jou tot beskikking van die HERE oop te stel.

Jy hoef nie GOD te help in sy plan met jou lewe nie. Jy hoef ook nie bang te wees om deur Hom gebruik te word nie. Jy moet net bereid wees om gehoorsaam Sy Woord te lees, te doen wat GOD van jou daarin vra en dan sal jy só vol word van die Heilige Gees dat GOD se werk in jou gebore kan word. GOD wil Sy Seun in jou laat groei sodat Hy deur jou in die wêreld gebore sal word. Mense sal in jou lewe en optrede GOD raaksien en Hom verheerlik! Om só vol van Hom te wees dat ons saam met Paulus kan sê: “En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe!”

(Gal. 2:20)

Tot beskikking van die HERE

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant