Welkom en lekker vang

Welkom en lekker vang

Gansbaai Courant

Aan al ons besoekers  --  welkom! Die baie hengelaars onder julle se eerste gedagte is heel moontlik, waar om die vis raak te loop. Kom ons vat die prentjie so kortweg saam. Op die oomblik gaan dit nie so lekker by die dieper “gate” nie, bedoelende indien jy met ‘n boot uitgaan. Selfs vis soos hotties en roman is nie volop nie. Hierdie situasie kan natuurlik enige dag verander. (Sien egter onderaan hierdie rubriek). Die antwoord is om dan te gaan soek vir kabeljou. Hoewel selfs hierdie vis nie in oorvloed is nie, is dit tog nou die tyd vir hulle en as jy jou storie reg doen, is die kanse goed dat jy ook, soos van die manne wat ken van, ‘n paar kabeljou sal raakloop. En daar word tog ordentlike vis gevang! Die gewone plekke is maar Haaiklip en die onmiddelike omgewing daar. Moet nie die ander gewilde plekke soos Holbaai en die res van die Gruis vergeet nie. Dan is daar nog plekke verder die kus op wat goeie resultate kan lewer. Die ideaal is seker om met iemand saam te gaan wat die kuns van die amperbootjie onder die knie het. Behalwe dat dit ‘n veilige opsie is, is jou kanse op sukses ook soveel beter. Indien jy wel besluit om met jou eie boot te probeer, versigtig, asseblief. Maar onthou  --  ‘n boot is nie die alfa en omega nie. Met ‘n visstok is dit soms beter van die kant af. Die vis wei sommer aan die kant en jy moet net oppas of jy gooi in een van die bote! Bowendien is daar min ander sporte wat soveel genoegdoening verskaf en jy so lekker langs die water kan ontspan. ‘n Ligte lyntjie is ideaal, maar jy vang dikwels die kleintjies wat natuurlik teruggeplaas moet word. ‘n Swaarder lyn sal sorg dat die ou grote nie sommer wegkom nie  maar gaan ook veroorsaak dat die kleiner vis nie so maklik gevang word nie. Weer eens, oppas vir die ondermaat vis.

Oor die naweek is drie jongmanne met ‘n klein rubberboot in die omgewing van Teegat, op soek na hotties. Dis toe die geelbek skielik begin byt en die resultaat was 6 geelbekke wat weggekom het en 1 mooi vis van 9 kg., veilig in die boot. Ook vanaf ‘n ander boot is gevang. Die feit dat hulle vangs oor twee dae gestrek het mag beteken dat die regte weer kan sorg vir pêrre. Die onverwagte is mos wat dit so opwindend  maak!

Hou asb. die strande skoon en gun die ander hengelaar sy spasie.

Lekker vang, Seemeeu

Welkom en lekker vang

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant