Gewyde Vissermans Dankseggingsdiens

Gewyde Vissermans Dankseggingsdiens

Gansbaai Courant

 “Ek is nie bekommerd wanneer daar ‘n reuk vanaf Gansbaai Marine dorp toe waai nie, maar ek sal baie bekommerd wees wanneer daardie reuk glad nie meer daar is nie, want dit sal beteken daar is geen oes nie,” het past Johnny Hamman tydens die lewering van die Afrikaanse boodskap gesê.

“Jesus is die rede waarom ons vandag hier bymekaar is en al is omstandighede dalk nie altyd gunstig nie, God se seën is altyd gunstig.” Johan van Dyk sê hy is dankbaar vir die groot hoeveelheid diensgangers wat die jaarlikse Vissermans Dankseggingsdiens in Gansbaai hawe bygewoon het.

“Daar was sowat 330 mense wat gesit, gestaan en in motors gesit het, wat dit ‘n rekorgetal vir hierdie diens maak,” het hy gesê. Vir Januarie se Vissermans Verootmoedigingsdiens sal daar 100 stoele ekstra wees wat deur ‘n kerkgroep beskikbaar gestel sal word.”

Die verrigtinge is met Lofprysingsliedere deur Mike Schröder en Adri Ehlers begin. Stiptelik op tyd het dié twee met die diensgangers se samesang begin, met Athol Rankin en Jordan Linehan saam met hulle as voorsangers. Die Engelse boodskap is deur past Robert Johnson gebring. Hy het ook na God se alomteenwoordige seën verwys, ongeag die omstandighede. “Die volk Israel moes vir hul straf vir 40 jaar in die woestyn rondswerf, maar tog het God se seën nie ontbreek nie en het Hy steeds vir hulle gesorg, ongeag haglike en gevaarlike omstandighede,” het hy gesê. Die verrigtinge is met die gesamentlike sing van “Stille nag, Heilige nag” afgesluit. Soos gebruiklik was daar weer lekkers aan die kinders uitgedeel, wat terdeë geniet is.

“Soos jaarliks die geval is, sal hierdie mooi gebaar van ‘n diens in Gansbaai hawe nie moontlik wees sonder die hoofborgskap van Gansbaai Marine nie en ons dra graag ons opregte dank en waardering teenoor André Coetzee, Besturende Direkteur oor,” sê Johan. Kennis kan ook nou reeds geneem word van die jaarlikse Interkerklike Vissermans Verootmoedigingsdiens wat vroeg volgende jaar op 18 Januarie 2015  ook in Gansbaai hawe gehou sal word.

Vir navrae kan Johan van Dyk by 028-384-0035 of 083-537-7013 geskakel word.

Hardus Botha

Gewyde Vissermans Dankseggingsdiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant