Vakansiegangers wen by Mr Video

Vakansiegangers wen by Mr Video

Gansbaai Courant

Opgewonde vakansiegangers het die eerste been van Mr Video in Gansbaai se kompetisie gewen - ‘n Blue-Ray Videomasjien. Kobus, Elize en Etienne van Zyl, asook ‘n vriend van Etienne, Ruben du Preez van Kameeldrift naby Hartbeespoortdam in die Noordwes Provinsie, het saam met Elize die prys in ontvangs geneem.

“Die reeks kompetisies is vir Mr Video se 20ste verjaardagvieringe,” vertel Desiree van Zyl, Bestuurder: Gansbaai Mr Video. “Dit is ons vierde jaar van vakansie in Gansbaai en beslis ook nie die laaste nie,” vertel Elize. “Ons het agt kaartjies oor die tydperk gehad en elke keer gebid as ons dit in die houer gooi - dankie Jesus!”

Die gesin vertel van ‘n interessante gebeurtenis wat hulle verlede jaar oorgekom het: Hulle het soos gewoonlik 2 DVD’s by Mr Video uitgeneem, maar Etienne het dit per abuis op die motor se dak vergeet. Onnodig om te sê die DVD’s was verlore en hulle moes dit betaal. Desiree sê dat die een verlore DVD maande na die tyd deur iemand terugbesorg is en die ander een ook ‘n maand of wat later. Sy het die gesin gekontak om die geld terug te betaal, maar hulle het laat weet dat sy iemand in die omgewing met die geld moet “bless”. Wat ‘n mooi gebaar!

“Vanjaar is ons beloon vir verlede jaar se verlies as gevolg van ‘n bonafide ongeluk,” sê Elize.

Hardus Botha

Vakansiegangers wen by Mr Video

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant