Swakkerige 2015 begin

Swakkerige 2015 begin

Gansbaai Courant

 “Dit was maar ‘n powere beginslag vir 2015 se kompetisiereeks met die slegte weer (verskonings, verskonings!), maar dit sal hopelik vorentoe beter gaan,” sê Johan Burmeister, Wedstrydsekretaris van die Birkenhead Boothengelklub. Die klub se eerste boothengelkompetisie vir die volgende jaar, vind altyd gedurende Desember van die voorafgaande jaar plaas. So was dit ook met 2015 se eerste 2015-kompetisie, maar met die swak weersomstandighede was die vangstes niks om oor te spog nie. Net 4 bote het kans gesien om in te skryf en in te weeg, met ‘n totale bemanning van 14. Slegs een spesie, hottentotte, is ingeweeg en die totale aantal is 48, met 'n totale massa van 30.55kg, wat ‘n gemiddeld van 2.18kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Danie Fourie (hottentot - 1.25kg); 2de swaarste vis, Jean Downing (hottentot - 1.2kg); swaarste sak, Sharlo - 5.25kg; 2de swaarste sak, Jean Downing - 2.7kg; swaarste bootgemiddeld, Kayalami van Cedric van der Vyfer - 4.06kg; 2de swaarste bootgemiddeld, Oupa van Ben Uys - 1.66kg. Die nuwe Junior, JP Uys, het vir die Junior swaarste sak gesorg - 2.5kg. Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2015 is: Bootkampioen - Kayalami van Cederic van der Vyfer (4.06kg); Oupa van Ben Uys (1.66kg); Nu-Nu van Johan Burmeister en Relêks 2 van Jean Downing (1.28kg). Mans Visvangkampioene - Tjaart Olivier (5.10kg); Cedric van der Vyfer (3.25kg); Jean Downing (2.70kg); Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh wat dit ongelukkig getref het en op nul staan, met JP Uys as Junior Visvangkampioen wat 2015 met 2.5kg begin.

“Indien ‘n boothengelaar dalk ‘n Grootwithaai met ‘n snoekvisstok en ‘n Daiwa Saltist katrol gewaar, dit is myne,” sê Johan Burmeister. Belangstellendes word herinner aan die Birkenhead Boothengelklub se jaarlikse en gewilde Oujaarsdans in die klubgebou (Gansbaai Hawe). Bring eie verversings, maar kroegfasiliteite met billike pryse is beskikbaar, asook op-en-wakker dansmusiek om die Nuwe Jaar binne te dans. Slegs R70/persoon.

Klubnavrae kan aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634 gerig word en vir kaartjies (beperkte aantal) vir die Oujaarsdans, kan Johan Wiese by 084-680-1269 geskakel word, of skakel vir Lorraine Fourie by 083-450-3653.

Hardus Botha

Swakkerige 2015 begin

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant