Kers- en Nuwejaarsboodskap

Kers- en Nuwejaarsboodskap

Gansbaai Courant

Ons as mense van Gansbaai & Overstrand het soveel om voor dankbaar te wees. Ons woon langs ‘n pragtige kuslyn met al sy wonders. Ons leef  in die pragtige natuurlike skoonheid van ons fynbos en berge. Ons woon ook in vrede en kan trots wees op goeie munisipale dienste. Hier is baie mense wat hard werk om alles klopdisselboom te laat verloop en wat omgee om ons skepping te bewaar.  Dit is ‘n groot voorreg om deel te wees van so ‘n gemeenskap.

Ons hoor so gereeld al die negatiewe berigte – oor ons president, nasionale leiers, regeringsinstansies, korrupsie en swak besluitneming. En ons voel dit aan die lyf as die krag weer afgeskakel word of die ekonomie net nie aan die gang kan kom nie en besighede sukkel om te oorleef. Baie van ons mense kry dan ook swaar om die pot aan die kook te hou.  

Wanneer ons so rondom ons kyk, kan ‘n mens soms mismoedig word. Die ekonomiese realiteit is dat sake nie vreeslik voorspoedig lyk nie.

Ons moet as positiewe mense bly bou aan ‘n beter toekoms vir almal. In ons  pragtige land is daar soveel mense met  baie potensiaal wat net ontgin moet word. Kom ons benut die baie positiewe aspekte hier in ons omgewing om uit te reik na ander om ook die lewe vir hulle beter te maak. Daar is ‘n gees van welwillendheid onder mense.  Ons dorp en omgewing hier is positief aan die verander. Daar is baie mense hier wat hulle kant bring en ‘n verskil maak.

Bowenal, ons het ‘n Hemense Vader wat omgee. Hy het na ons uitgereik en ons hand kom vat. Hy stap ‘n pad met ons as Sy kinders en hou ons in Sy hande vas. Ons kan gerus meer op Hom vertrou – as ons Sy leiding vra en ons kant bring, sal ons die “uitdagings” makliker kan hanteer.

In hierdie Kerstyd wil Hy juis weer vir ons kom sê dat Hy omgee. Hy het Sy alles kom gee. Ons kan Hom vertrou en vol moed die pad vorentoe stap.

Leef positief en dink positief en weet jy is in Sy hande.

Mag almal ‘n baie Geseënde Kerstyd beleef. Geniet mekaar en al die familie en vriende. Ry veilig en tree verantwoordelik op. Bespring dan die Nuwe Jaar weer met baie energie en vol moed om die beste daarvan te maak.

Bepaal jou prioriteite en maak ‘n verskil daar waar jy leef!

Fanie Bothma, Voorsitter, Gansbaai Sakekamer

Kers- en Nuwejaarsboodskap

Fanie Bothma

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant