Kersboodskap

Kersboodskap

Gansbaai Courant

Een van die inwoners, in haar negentigs, sê hoe ouer jy word hoe vinniger gaan die tyd verby. As ons terugkyk na die jaar wat verby is, was dit ‘n gesëende jaar vir Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes. Met die hulp van ons Hemelse Vader kon ons ‘n rustige hawe van deernis en persoonsgerigte versorging aan ons Inwoners gee. Hulp vanuit alle oorde het dit vir ons moontlik gemaak om die ekwivalent van 8 (agt) inwoners ten volle te subsidieer en te versorg.

Ons opregte dank en waardering gaan aan: Die Beheerraad vir hulle leiding en bydraes; Die Goue Hande vir funksies, spesiale etes, stimulasie, oefeninge, hare doen, bederf en veel meer; Organisasies, instansies en individue wat skenkings gemaak het ter stywing van ons fondse; Individue wat produkte aan die Tehuis en ook sy inwoners skenk; Die NG Kerk en AGS Kerk vir die geestelike versorging van ons inwoners; Individue wat persoonlike aandag aan ons inwoners gee, soos onder andere geselsies, versorging van naels en veel meer.

Ek kan werklik sê, en ek bedoel dit uit my hart, dat die gemeenskap hier uniek is wat betref naasteliefde en omgee vir jou medemens. Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het. Dankie ook aan my personeel vir julle geduld en persoonlike versorging van ons inwoners.

‘n Geseënde Christusfees en ‘n mooi 2015 word u en u familie toegewens. Moet nooit vergeet dit is Jesus, die kindjie gebore, wat verlossing vir almal bring en ons met vreugde laat sing.       

John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See

Kersboodskap

John van Rooyen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant