Flip groet Gansbaai Marine

Flip groet Gansbaai Marine

Gansbaai Courant

Flip Fourie (65), Tegniese Bestuurder van Gansbaai Marine, het reeds op 30 Junie vanjaar, ná sowat 31+ jaar, die tuig neergelê, maar beman steeds sy pos. “Ek help steeds uit totdat ‘n geskikte plaasvervanger vir my pos gekry is,” vertel hy. Philip Jurie Wynand Fourie, beter bekend as Flip (of Philipus, soos sy ma dit wou hê), is op 3 Junie 1949 in sy ouerhuis in Kerkstraat, Gansbaai gebore. Sy vader was Dan (Dan Bokkie) Fourie, skipper van verskeie vissersbote, onder ander van die “Bokkie”, die Fourie-broers se eerste dekskuit, en sy moeder was Jous (Johanna) Groenewald. “Die skuit se naam is afgelei van hulle familie bynaam wat al geslagte lank aankom.”

Flip het 3 broers en 1 suster, waarvan die 2 jongstes  een in die Paarl en een in Bredasdorp is en die res is Gansbaaiers. Hy het in Gansbaai grootgeword en was hier op skool tot die destydse St 8, waarna hy aan Napier Hoërskool matrikuleer. Hy sê die “skoolbusdiens” na Napier was ‘n “lorrie” met ‘n kap op van oom Pietertjie Groenewald. Flip sê hy het vanaf ouderdom 14 met sy 12-jarige “troumeisie” uitgegaan. Sowat 42 jaar gelede tree hy op 26 Mei 1972 met Zelda, bekende by Gansbaai Biblioteek en voormalige Bibliotekaresse, in Durban in die huwelik.

Die egpaar het 3 kinders: Carmen (42), getroud met Johan Nel met 2 kinders; René (37), ongetroud en besig met studies; Flippie (30), ongetroud en besig met studies. Sy beroepslewe begin in 1968 in die Suid-Afrikaanse Vloot, alhoewel hy graag by die Handelsvloot wou aansluit, maar omgepraat is om dit nie te doen nie. Na ‘n jaar aanvaar hy diens by die destydse Volkskas Bank, Addeleystraat, in Kaapstad en daarna by Durban-tak vir 5 jaar, waarby 1 jaar by Volkskas Bank se rekenaarsentrum in Pretoria ingesluit is.

In 1973 keer Flip terug na Gansbaai en moes kies of hy ‘n Skipper wil word, in sy pa se voetspore. “Vanaf 1973 tot 1979 bevind ek myself toe op die Stormgans, maar die ‘seesiek’ het my ingehaal, terwyl ek gedink het dit sal oorwaai - maar dit het nie,” vertel hy. Daarna werk hy vanaf 1980 tot 1981 by Gansbaai Koöperasie se Visverkope, waarna hy sy huis verkoop om verder as Installasie-elektrisiën te gaan studeer. Hy verwerf ook 2 twee  Nasionale Diplomas, een Elektries en een Meganies. Intussen moes Zelda na die eerste twee kinders omsien op Gansbaai. Op 2 Mei 1983 sluit hy by Gansbaai Marine aan. Hier het hy deur verskillende range gewerk: Vakleerlingskap, Elektrisiën en sedert 1989 in die rang van Tegniese Bestuurder, waar hy toe op 30 Junie aftree, maar steeds aanhou werk. “Ek voel gelukkig en tevrede omdat ek weer na die plek waar ek grootgeword het, te kon terugkeer,” sê hy.

Flip beoefen ‘n interessante stokperdjie. Hy doen al die afgelope 30 jaar navorsing oor die “ou” Gansbaai se genealogie (familiegeskiedenisse, stamme en herkomste), asook verskeie aspekte van Gansbaai se visbedryf. “Ek het die voorreg gehad om nog die “ou” Gansbaai en visssermense te ken en ervaar”. Die “boek” wat hy besig is om te skryf, is nie vir die drukkerswese bedoel nie. Dit is ‘n e-boek (“elektroniese boek”) op rekenaar wat hy met tye en wanneer nodig, altyd sal kan opdateer. Flip is dankbaar vir die goeie gesondheid waarin hy steeds verkeer, en “my grootste persoonlike hoogtepunt was toe ek 10 jaar gelede, ná 40 jaar wat ek gerook het, opgehou het, terwyl ek oortuig was dat dit iets is wat ek nooit sal kan doen nie.”

‘n Ander hoogtepunt vir hom is die feit dat hy deur verskeie werksprosesse en -tegnieke sy beroepslewe deurloop het: aanvanklik met die ou stelsels, daarna deur gereelde veranderinge en vernuwinge. Hy was deel van die rekenarisering, nuwe Arbeidswette, nuwe Wet op Beroepsveiligheid ens. by sy werk. Alles het 'n geweldige aanpassing geverg van die ou bestuurstyl en was nogal moeilik vir die ouer garde van destyds.

“Hopelik sal ek nou meer tyd tot my beskikking hê om my selfopgelegde taak van ‘n e-boek oor Gansbaai se families en die vissersbedryf te kan finaliseer,” sê Flip.

Hardus Botha

Flip groet Gansbaai Marine

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant