DA bederf Bejaardes

DA bederf Bejaardes

Gansbaai Courant

Die DA se raadslid vir Wyk 2, rdl Riana de Coning, het op 18 Desember ‘n baie spesiale Kersete vir Gansbaaidorp en Blompark se bejaardes by Silwerjare Dienssentrum gereël. Mnr Masizole Mnqasela (Lid van die Provinsiale Parlement) en ook een van die eregaste, het die borgskap vir die geleentheid vanaf die Minister van Sosiale Ontwikkeling: Wes-Kaap, min Albert Fritz, verkry. Nog eregaste was raadsvrou Nicolette Botha-Guthrie (Overstrandse Uitvoerende Burgemeester) en raadslede Dudley Coetzee en Moira Opperman, asook van die organiseerders wat vir Riana bygestaan het.

“Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir almal, aangesien daar op alle bejaardes in Gansbaai-dorp en Blompark gefokus is,” het Riana gesê. Een van die gaste, Betsie van der Merwe (88) van De Kelders, het haar nie deur hoë politici laat afskrik nie. Sy het doodluiters na die eregaste op die verhoog gegaan en spontaan vir mnr Mnqasela en raadsvrou Botha-Guthrie hulle handtekeninge op haar program gevra. Behalwe vir ‘n prestige Kersete, het elke bejaarde ook ‘n kersgeskenkie (‘n pakkie gemengde soetkoekies) ontvang. Riana die gaste ook met ‘n Kersklapper verras, wat met kinderlike vreugde en opgewondenheid geskiet is.

Mnr Mnqasela, asook raadsvrou Botha-Guthrie het in hulle toesprake na etlike prestasies deur die Overstrandse Munisipaliteit verwys en die bejaardes ook vir hulle ondersteuning en goeie samewerking bedank. Hulle het die bejaardes ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toegewens.                                                         

Hardus Botha

DA bederf Bejaardes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant