Opgewonde Besoekertjie

Opgewonde Besoekertjie

Gansbaai Courant

Johan-Stefan van Wyk (8), is ‘n Gr 3 leerder aan die Laerskool Brackenfell en is ‘n gereelde vakansieganger in De Kelders. Hy kom gereeld gedurende skoolvakansies saam met sy oupa en ouma, Johan en Stienie Marais van Rawsonville, na hul vakansiehuis in De Kelders. Hier vergeet Johan-Stefan van skoolgaan en is die ene opgewondenheid oor De Kelders, Gansbaai en die omgewing. Bure van Johan en Stienie in De Kelders neem Johan-Stefan gereeld agtermiddae saam na Gansbaai hawe waar daar met die honde gestap word.

Tydens daardie uitstappies is daar niks wat sy wakker oë ontglip nie en sy ondersoekvermoeëns oorskadu selfs dié van die honde wat saamgeneem word. Ondanks sy belangstellende en lewendige geaardheid, beskik hierdie jongseun oor pragtige goeie maniere, beleefdheid en gehoorsaamheid. Alles op en langs die ou hawe-muur word ondersoek en hy “ontdek” elke middag iets anders wat hom interesseer. ‘n Hoogtepunt vir hom was verlede Sondagaand toe hy saam met dieselfde bure na Hoofstraat se Kersliggies gaan kyk het. Hy was oorstelp   van vreugde en opgewondenheid en kon nie ophou kyk en vrae vra nie. Elke voorstelling moes ontleed word om seker te maak hy weet wat die liggies voorstel. Met die gadeslaan van  drie spesifieke wonings, was dié jongeling stomgeslaan en hy het elke uitbeelding sogvuldig bekyk en daar moes foto’s vir Afrika geneem word.

Nou-ja, ‘n jong besoekertjie of nie, Gansbaai en omgewing sal sonder twyfel goeie “word-by-mouth” advertensie van hom af in Brackenfell kry.

Hardus Botha

Opgewonde Besoekertjie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant