Vyeboom Boorinsek

Vyeboom Boorinsek

Gansbaai Courant

Vele is al oor hierdie gevaarlik knaap geskryf, maar inwoners en besoekers met vakansiehuise en vyebome, kan gerus kennis neem dat die vyeboom boorinsek weer toegeslaan het.

Die Phryneta spinator (Fig tree borer) is ‘n donker gespikkelde kewer (beetle) en word sowat 35mm lank en kan in ‘n ernstige plaag ontaard. Die larwe boor letterlik in die vyeboom se stam in, veral wanneer die boom ouerig en met 'n gebrek aan groeikrag is. Tans is daar egter ‘n voorbeeld van ‘n ou vyeboom wat afgekap is en weer uitgeloop het, met die kewer wat alreeds daarop voorkom. Die kewer word maklik uitgeken aan sy lengte, lang voelhorings, gestreepte voorkoms en die prominente doringagtige uitsteeksels weerskante van die borskas. Sy lewenssiklus is langer as 3 jaar. Eiers word in die somer in 'n T-vormige spleet wat die wyfie in die boomstam maak, gelê en die broeitydperk is tussen 10 en 18 dae. Die uitgebroeide larwas voed op die bas van die boom, maar "kou" later hul weg oop deur die stam, wat letterlik "tonnels" tot gevolg het.

Die larwa ontwikkel in 'n papie wat in 'n "kamer" bestaande uit kalsium karbonaat en 'n gom-mengsel bestaan, waarna die volwasse insek sy verskyning maak. Suksesvolle teenmiddele is eintlik nog net probeerslae. Die larwes kan letterlik uitgesny word en 'n draad kan fisies in die tonnels ingesteek word, waarna gifstowwe ingespuit kan word.

Indien die kewer opgemerk word, kan Overberg Agri in Stanford besoek word. Twee moontlike teenmiddele is Efecto Insect Granules 500g en Efecto Steriseal 100ml.

Hardus Botha

Vyeboom Boorinsek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant