Redakteursboodskap

Redakteursboodskap

Gansbaai Courant

Die jaar 2014 is reeds vaarwel toegewuif en vorm deel van die geskiedenis, met 2015 wat met sy eie en nuwe uitdagings wag. Ek vertrou dat alle lesers van Gansbaai Courant, asook nie-lesers, ‘n Geseënde Christusfees ervaar het, met ‘n veilige terugkoms vir diegene wat met vakansie was of steeds is. Met die lees van die “2014 Terugblik” (Gansbaai Courant, Woensdag, 31 Desember 2014), was daar vele hartseer, terugslae en mislukkings, maar gelukkig was daar ook vele vreugdes, opwinding en suksesse - met dank teenoor ons Hemelse Vader vir al die seëninge en veilige bewaring op elkeen van ons se lewenspad. Baie dankie vir die goeie ondersteuning wat Gansbaai Courant gedurende 2014 ondervind het. ‘n Spesiale dankie ook aan “deelnemers” aan die onderskeie uitgawes deur middel van nuuswenke wat verskaf is, telefoonoproepe, e-posse en selfs foto’s wat gereeld ingestuur is - hierdie samewerking word opreg waardeer en is van groot hulp. Dit verleen ook uiting aan Gansbaai Courant se beleid van ‘n “Gemeenskapskoerant vir die Gemeenskap”. Dieselfde geld vir die vele besighede wat die koerant met gereelde advertensies ondersteun, wat opreg waardeer word. Ek vertrou dat julle ‘n suksesvolle feesgety met goeie besigheid ondervind het en wens julle graag groot suksesse toe vir 2015.

Dankie ook aan die eienaars van Gansbaai Courant, Francois (uitgewer) en Deonora (bemarker) de Jongh, vir die vertroue wat in my as redakteur gestel is, asook vir besonderse werksomstandighede en hulle gesonde gemeenskapsbeleid wat ten opsigte van beriggewing gehandhaaf word. Van my kant af ook ‘n hartlike dankie aan Monica Hayes (grafiese ontwerp en uitleg) en Samantha Otto (administrasie) vir hulle ondersteuning en goeie samewerking. Hulle is gewis twee dames wat veel meer doen as wat “van buite af” gesien kan word. Naas hul onderskeie pligte, is hulle ook vir die druk en aflewering van Gansbaai Courant verantwoordelik - “baie dankie aan julle twee!”

Hierdie week het ek ‘n kort blaaskansie geneem, met die voorreg om enkele dae saam met my kinders en kleinkinders te kan geniet. Van my kant af wens ek almal van julle ‘n wonderlike, fisies-gesonde en Voorspoedige Nuwe Jaar toe. Pak 2015 aan met hernude wilskrag en gaan gerus voort met die ondersteuning van “julle eie” Gansbaai Courant!

Hardus Botha

Redakteur: Gansbaai Courant

Redakteursboodskap

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant