Kersliggies lok belangstelling

Kersliggies lok belangstelling

Gansbaai Courant

Gansbaai  is lankal reeds bekend vir die jaarlikse Kersliggies wat die dorp versier. Vanjaar het die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie weer eens baie moeite gedoen, asook hoë kostes aangegaan, en saans is dit ‘n plesier om in Hoofstraat, asook die buitewyke, te ry en daarna te kyk.

Dit is ook goed om te sien hoe besoekers stadig deurry en hierdie mooi gebaar van die munisipaliteit ten volle geniet en waardeer. Jaarliks is daar ook etlike wonings wat behoorlik oorloop van Kersliggies en uitbeeldings. Twee uitstaande voorbeelde is Marie Groenewald se woning in Hoofweg 107 en Yvonne Groenewald se woning in Buitekantstraat 25 (H/v Buitekant- en Frankinstrate). “Vanjaar is dit my 15de jaar wat ek dit doen en ek geniet dit elke jaar baie, veral as ek die besoekers sien wat hier indraai om daarna te kyk,” vertel Yvonne. “Ons parkeer al ons motors vroegaand buite sodat besoekers behoorlik en rustig na alles kan kyk.”

Yvonne nooi inwoners en vakansiegangers uit om te kom kyk en rustig deur die enorme uitstalling van Kersliggies en uitbeeldings te stap. Sy sê die liggies is elke aand aangeskakel, behalwe wanneer dit reën en sy beplan om dit eers later in Januarie te verwyder. “Dus is daar nog genoeg tyd vir besoekers om te kom inloer,” sê Yvonne.                                        

Hardus Botha

Kersliggies lok belangstelling

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant