Mag 2015 'n jaar van AANBIDDING wees!

Mag 2015 'n jaar van AANBIDDING wees!

Gansbaai Courant

Weet jy wat kom ek agter as ek die Bybel lees? Hierdie wonderlike feit dat dit nie oor ons en ons behoeftes, ons wense en begeertes gaan nie, maar oor GOD, die Skepper van alles!

GOD het die mense op aarde geplaas om Hom te aanbid. “Om in GOD te glo is om GOD te aanbid ,” het Martin Luther gesê. Om ’n werklik gelukkige lewe op aarde te hê moet ons die kuns van ware aanbidding ontdek!

As ons die Psalms van Dawid lees kan ’n mens nie anders as om die besondere verhouding wat Hy met GOD gehad het, raak te lees nie. In alles wat Dawid gedoen het, het hy altyd na GOD toe gegaan. Ja, Dawid was ’n leuenaar en ’n moordenaar. Hy het owerspel gepleeg en baie verskriklike sondes gedoen en tog het GOD hom nie verstoot nie. Na elke ding wat hy gedoen het, het hy weer na GOD toe gegaan en Hom aanbid. Weet jy hoekom? Want Dawid het verstaan wat beteken dit om ’n genadige GOD te aanbid. Die genade wat GOD aan hom en elke mens bewys, het hy met albei hande aangegryp. Hy het GOD spontaan geloof en geprys vir elke ding. Hy het dit sy erns gemaak om GOD in Sy Woord te leer ken. “Dit gaan goed met die mens wat ......in die Woord van die HERE sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.”(Ps. 1:1-3)

Jesus se lewe op aarde was gekenmerk deur aanbidding. Hy het baie tyd gemaak om in gesprek met Sy Vader te verkeer. Toe Satan Hom vir veertig dae versoek het in die woestyn het Jesus hom beveg met die woorde: “Daar staan geskrywe: Die HERE jou GOD moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Luk. 4:8). Dit is só belangrik vir my en jou om te verstaan dat Jesus, wat volledig GOD en mens was, nie kon lewe sonder ware gemeenskap (aanbidding) met Sy Vader nie. Wie beter kon dit verstaan dat ons grootste doel op aarde is om GOD te aanbid nie! Hoekom sal ons dit dan nie ook doen nie?

Ware aanbidding is meer as Bybel lees en kerk toe gaan.  Aanbidding beteken dat jy stil word voor GOD en al jou gedagtes en emosies op Hom rig en na Hom luister. Hierdie aanbidding is nie ’n plig nie, maar ’n spontane soeke na GOD, dankie sê en vreugdevol lewe. Aanbidding word jou grootste avontuur en bevrediging omdat jy in GOD se teenwoordigheid is!

Mag 2015 vir jou ’n jaar van ware aanbidding word!

Mag 2015 'n jaar van AANBIDDING wees!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant