AfriForum stel 24-uurkrisislyn bekend

AfriForum stel 24-uurkrisislyn bekend

Gansbaai Courant

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ‘n 24-uurkrisislyn bekend gestel, waar die organisasie se meer as 117 000 lede en hulle gesinne misdade en ander noodgevalle telefonies kan aanmeld en dringende hulp kan vra.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy organisasie besluit om dié gratis nooddiens aan lede, genaamd AfriForum 911, te loods in die lig van die groeiende misdaadkrisis in die land en die feit dat die polisie dikwels traag in noodgevalle reageer. ”Waar die regering misluk in sy basiese verpligtinge om burgers se veiligheid te verseker, moet ons self begin doen wat ons kan om ons lede se veiligheid te probeer verseker”, het Kriel gesê.

Die telefoonsentrum, waar die krisislyn 365 dae per jaar beman word, sal sodra ‘n noodoproep rakende ‘n misdaad ontvang is, namens die inbeller die die polisie, die inbellers se bure en familie, sekerheidsmaatskappy en naaste AfriForum-gemeenskapsveiligheidstruktuur of buurtwag skakel om hulp te versoek. AfriForum se lede kan die kontakbesonderhede van diegene wat in noodgevalle gekontak moet word, by www.afriforum911.co.za registreer.

Mediese noodgevalle kan volgens Kriel ook by die noodlyn aangemeld word, waarna ‘n ambulans namens die inbeller ontbied sal word. ”Aangesien lede vooraf besonderhede rakende hulle mediese fonds, bloedgroep en allergieë kan registreer, sal dit mediese bystand in noodgevalle vergemaklik”, het Kriel bygevoeg. Volgens hom vorm telefoniese traumaberading en gesondheidsadvies ook deel van die diens.

As deel van die diens, word 'n groen AfriForum 911-armband met die noodlyn se nommer aan elke lid gestuur. Elke armband het ook 'n unieke nommer waaraan die lid se spesifieke mediese en ander besonderhede gekoppel word. Sodoende sal die lid, sou hy of sy bewusteloos wees, identifiseer kan word. Die armband, wat ook aan lede se kinders uitgereik kan word, kan byvoorbeeld ook gebruik word om die ouers van kinders in noodsituasies deur die krisislyn op te spoor.

‘n Video met meer besonderhede oor hoe AfriForum 911 werk, kan besigtig word by www.afriforum911.co.za

Kallie Kriel, Uitvoerende hoof:AfriForum

AfriForum stel 24-uurkrisislyn bekend

Kallie Kriel

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant