Wynmakers Gholfdag

Wynmakers Gholfdag

Gansbaai Courant

Dit was weer tyd vir die jaarlikse Wynmakers Gholfdag - die berugte Pirasien Classic Gholftoernooi. Hierdie jaarlikse instelling is aanvanklik deur Olla Olivier geïnisieer en die amptelike benaming en die begrip, Pirasien, spreek boekdele in die binnekringe van die wynbedryf, maar oor die afkoms en betekenis van die woord word daar geswyg. Wat wel van belang is, is dat dit ‘n baie gesellige dag is.

Alle wynmakers, wingerboukundiges en andere in die wynbedryf wat jaarliks hier kom uitspan, vanaf De Kelders tot by Pearly Beach, kry mekaar by Gansbaai Gholfbaai vir ‘n “prettige” American Scramble. Die bestuur wat die dag vanjaar gereël het, is Olla Olivier, Danie Marais, Altus le Roux en Gerrit Human en dit is hulle 10de jaar, met 37 spelers wat deelgeneem het. “Hierdie dag geskied jaarliks in ‘n vakansiegees en onderlinge samesyn en saamkuier, daarom is ons nie so bekommerd oor wenners nie,” het Olla gesê. “Daar is wel etlike goeie pryse op die spel, wat nie te versmaai is nie, maar die hoogtepunt van die dag bly steeds die gesellige saamkuier en -eet na afloop van die spel.”

Olla het sy opregte waardering teenoor vele borge vanuit die wynbedryf oorgedra, maar het spesiaal na hierdie omgewing se Gansbaai Superspar en Gansbaai OK Foods se borgskappe verwys. “Baie dankie ook aan Jannie Barnard en Gansbaai Gholfklub se bestuur vir die beskikbaarstelling van hulle goedversorgde gholfbaan, asook vir die vriendelike ontvangs wat ons jaarliks te beurt val.”

Op 'n vraag aan die Wynmakers of hulle gholfspel op dieselfde standaard as die uitstekende wyne is wat deur hulle vervaardig word, moes die onderhoudvoerder tevrede wees met 'n heerlike gelag as antwoord.

Hardus Botha

Wynmakers Gholfdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant