Rolbalnuus (15 Jan 2015)

Rolbalnuus (15 Jan 2015)

Gansbaai Courant

Franskraal rolbalklub het die nuwe jaar op 'n  baie hoë noot begin deur die, nou reeds bekende, Helmie de Vries dag, op 2 Januarie 2015 aan te bied.  Die dag het weer vir baie opwinding gesorg.  Soos met elk van die vorige byeenkomste, het daar 'n besondere goeie gees onder al die deelnemers geheers.  Heelwat bekende gesigte is weer opgemerk.  Baie van die deelnemers wat, met die aanvang van hierdie byeenkoms elf jaar gelede, gespeel het, was weer teenwoordig.  Hulle was hier om die lewe van hul oorlede vriend, Helmie, te herdenk.  Een honderd en twaalf spelers, vanoor groot dele van die land, het die dag terdeë geniet en heerlik saamgekuier.  Opvallend ook was die groot getal jong spelers wat teenwoordig was.  Baie dankie aan die organiseerders, Theuns Roodman en Archie Chambers, wat verantwoordelik was vir die reëlings vooraf en op die dag.   Dit word baie hoog op prys gestel.  

Ons jaarlikse Besigheidsliga neem weer, soos voorheen, aan die begin van Februarie ’n aanvang. Heelwat spanne het reeds vir hierdie gewilde kompetisie ingeskryf, en dit beloof om weer vir groot opwinding, asook wedywering onder ons plaaslike besighede en ander instansies, te sorg.  Kennisgewings in hierdie verband is reeds uitgestuur na alle vorige deelnemers. 

Ons vestig u aandag daarop dat nie net besighede welkom is om in te skryf nie.  Ons skole, sportklubs en alle ander organisasies is almal welkom om deel te neem aan hierdie kompetisie.  Daar is vier spelers per span. Ons sien daarna uit om alle belangstellendes en deelnemers by ons klub te verwelkom.

Vir verdere inligting kan die volgende bestuurslede gekontak word: Marius de Wit by 082 926 0892 of   Jane de Villiers by 076 126 2956.

Rolbalgroete tot volgende keer, Philip Malherbe.

Rolbalnuus (15 Jan 2015)

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant