Birkenheaders spook steeds

Birkenheaders spook steeds

Gansbaai Courant

Die eerste boothengelkompetisie vir 2015 (13 Desember 2014) van die Birkenhead Boothengelklub het swakkerig afgeskop, met die tweede kompetisie op 3 Januarie 2015 wat nie veel beter verloop het nie.

Johan Burmeister, Wedstrydsekretaris se nuutste opmerking is: “As iemand dalk weet van ‘n goeie stel rolbalballe, laat weet my aub - ek kan maar net sowel gaan rolbal speel in plaas van visvang!”

Vir die Januarie-kompetisie het 7 bote ingeskryf, waarvan 5 ingeweeg het, met ‘n totale bemanning van 23. Drie spesies is ingeweeg en die totale aantal vis is 64, met 'n totale massa van 45.3kg, wat ‘n gemiddeld van 1.97kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, De Wet Gilliomee (wit steenbras - 5.3kg, foto: Gansbaai Courant, 8 Januarie 2015); 2de swaarste vis, Jean Downing (rooi roman - 2kg); swaarste sak, Jean Downing - 6.9kg; 2de swaarste sak, De Wet Gilliomee - 5.85kg; swaarste bootgemiddeld, Oupa van Ben Uys - 3.738kg; 2de swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing - 3.275kg. Dixie Walsh het vir die swaarste damesak (2.7kg) gesorg, met JP Uys met die junior swaarste sak (5.05kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2015 is: Bootkampioen - Kayalami van Cederic van der Vyfer (6.34kg); Oupa van Ben Uys (5.40kg); Relêks van Jean Downing (4.55kg). Mans Visvangkampioene - Jean Downing (9.60kg); Ben Uys (6.40kg); Danie Fourie (6.20kg). Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (2.7kg). Junior Visvangkampioene - JP Uys (7.55kg) en Hennie Groenewald (1.45kg).

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634, met Ralph Gibbs vir saalverhuring by 083-561-6917.

Hardus Botha

Birkenheaders spook steeds

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant