Overberg Kushengel se Boxing Day Kompetisie

Overberg Kushengel se Boxing Day Kompetisie

Gansbaai Courant

“Die Overberg Kushengelklub se 3de jaarlikse Boxing Day Hengelkompetisie op 26 Desember 2014 is wyd vooraf bespreek, deur plaaslike- sowel as ‘n groot aantal vakansiegangers,” vertel Elba Tredoux van die klub. “Die pragtige getal van bykans 30 spanne, 4 hengelaars per span, het vir die kompetisie ingeskryf.”

Sy sê of dit die “lus” vir visvang was, of die “aantreklikheid” van R30,000 se pryse, is nie duidelik nie, maar die groot getal hengelaars en hul families het die dag terdeë geniet en lekker in die Klubhuis saamgekuier, met die kroeg- en kombuismanne wat behoorlik moes bontstaan. Stormsterk see het die meeste hengelaars redelik moedeloos gehad, behalwe nou vir die gesoute manne wat geweet het waar om na die vis te gaan soek en min, maar mooi visse is ingeweeg.

Die klubvoorsitter, Frans Claassen, het veral vir Mynhardt van Niekerk (Snr) uitgesonder wat man-alleen al die borgpryse ingesamel het. “Jy is ‘n doring, Mynhardt,” het Frans gesê. “En daar is nie ‘n besigheid in die dorp, asook van buite Gansbaai, wat nie ‘n oop hand vir die menigte pryse gehad het nie.” Elba sê benewens die pryse vir die wenhengelaars, is daar min van die ander spanne se lede wat nie met ‘n geluktrekking huis toe is nie. Slegs 2 spesies is gevang - kabeljou en steenbras. Die grootste steenbras van 13.3kg is deur LJ Foure gevang, met Wouter Meiring wat die grootste kabeljou van 2.06kg gevang het. Dié twee se onderskeie pryse was ‘n Coolpix kamera en ‘n Batterylaaier van Battery Centre.

Die span van Brian McFarlain (‘n One man band - soos in alleen), was in die 2de plek met ‘n magdom pryse wat hy nie alleen kon wegdra nie. Brian was ook die borg van die 1ste span se hoofprys van haaikyk-uitstappies ter waarde van R12,000. “Nogmaals baie dankie, Brian,” sê Elba. “Die wenspan van verlede jaar, The Lizards, was weer eens die wenspan tydens hierdie kompetisie - baie geluk manne.” Elba het haar opregte waardering teenoor alle borge, die klubbestuur en alle hengelaars met hulle ondersteuners uitgespreek, wat almal daartoe bygedra het om hierdie groot dag op die vakansiekalender van Gansbaai weer eens suksesvol laat verloop het.

“Kennis moet aub geneem word van die klub se Algemene Jaarvergadering wat op Vrydag, 30 Januarie 2015 sal plaasvind,” sê Frans. Vir navrae kan Frans by 083-546-7474 gekontak word.

Hardus Botha

Overberg Kushengel se Boxing Day Kompetisie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant