Vissermans Verootmoedigingsdiens

Vissermans Verootmoedigingsdiens

Gansbaai Courant

He made the stars to shine, He made the rolling sea, He made the mountains high, and He made me,” lui die eerste gepaste Engelse loflied wat gesing is, met die eerste Afrikaanse loflied, ewe gepas, “Omdat Hy leef, sien ek kans vir môre - omdat Hy leef verdwyn my vrees!” Die jaarlikse Vissermans Verootmoedigingsdiens is op Sondag, 18 Januarie 2015 in Gansbaai hawe aangebied, met die organiseerder as Johan van Dyk. Die program het vlot verloop en sowat 300+ mense vanuit alle denominasies het die diens bygewoon.

Past Frikkie Zeelie het die byeenkoms geopen, met ds Deon Kloppers wat die Afrikaanse boodskap gebring het en ds Dennis Naidoo die Engelse boodskap. Die voorsangers was: Mike en Elize Schröder, Adri Ehlers, Dirk Büchner, Beryll Coetzer en Mariëtte Zeelie. Johan verskaf die volgende interessante inligting: “Die diens het aanvanklik begin waar die vissersbote, die Ganse, in ‘n sirkel op die see gelê het, vanwaar die prediker sy boodskap van seën oor die jaar se vangstes oor luidsprekers gebring het. Ongelukkig het vakansiegangers dit as ‘n ‘jolly rider’ begin sien en die dienste het hul doel gemis en is toe in die hawe aangebied."

"‘n Gebrek aan belangstelling het die dienste laat doodloop en is besluit om die Verootmoedigingsdiens, asook die Dankseggingsdiens, na ‘n Interkerklike en tweetalige byeenkoms om te skakel. Leraars van alle hoofstroomkerke ontvang geleentheid vir die aanbied daarvan op ‘n roteringsbasis.” Johan sê al was daar geen vooraf samesprekings tussen die leraars van die 2015-diens nie, “kon die hand van die Here in die volle verloop van die diens gesien word”. Johan rig graag die volgende bedankings: Hoofborg - Gansbaai Marine se Besturende Direkteur, André Coetzee (programme, busvervoer, advertensies, klanktoerusting), asook (alfabeties) Andries Nowers en span (vervoer van stoele); Gansbaai Courant (advertensie- en programontwerp en beriggewing); Gansbaai Ministers Fraternal (samewerking met gemeentes, afkondigings by gemeentes); Gemeentes: AGS, Lede in Christus en Medodiste - Blompark (kosters vir die op-en aflaai van stoele wat beskikbaar gestel is); Hawemeester (beheer van voertuie vir ordelike parkering); Hawe-owerheid (toelating van ‘n openbare byeenkoms op staatseiendom); Irma Kriel van Boathouse restaurant (prysgee van inkomste tydens die diens); Mike en Elize Schöder (klanksisteem); Norman Sauls en span (uitdeel van programme); Predikers (voorbereiding en oordra van boodskappe); Sanggroep (besluitneming oor lofliedere, vooraf-inoefen en begeleiding). “Laastens aan ons Hemelse Vader se getroue hand van seën, waarsonder die uitkoms nie dieselfde sou wees nie,” sê Johan. Daarna het ds Naidoo die volgende gelees voordat hy die seën uitgespreek het: “Maak in 2015 die Aarde jou Skip; die Hemel jou Hawe; die Bybel jou Kaart; God jou Stuurman; Geloof jou Vlag; Gebed jou Kompas - en jy sal nooit op die rotse loop nie!”

Hardus Botha

Vissermans Verootmoedigingsdiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant