R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die weer, soos meeste van ons weet, is nie meer ‘n goeie aanduiding van hoe toestande op die see sal wees nie en dit veroorsaak dat om die boot in die see te kry ‘n gewaagde storie word aangesien jy onseker is van omstandighede. Die besluit deesdae
is dus om maar vroeg te gaan en indien nodig, terug te keer wanneer dit om veiligheidsredes nodig word. Daar is ook manne wat dít nie eens wil waag nie en dan so lank van die water bly dat ‘n stil dag op die see (selfs sonder vis) ‘n heel aanvaarbare opsie word. Net om darem ‘n slaggie die plesier te hê van dáár te kan wees.
Oor die algemeen is vangste maar sleg maar die manne wat ken van sal jou vertel van geelbek, snoek, makriel (en ook ‘n mooi witsteenbras) en die dag as hulle nie byt nie die ou staatmakers - hotties en roman. Selfs silwervis is nie baie begerig om te byt nie hoewel (en ek het dit nie eerstehands by hom gehoor nie) is daar iewers ‘n skipper wat praat van baie mooi, en sommer ‘n klomp, van hierdie visse. Hy het wel laat val dat dit baie diep is. Op die gewone plekke, en nie so erg diep nie is daar vreeslik marsbankers, en as dit nie ‘n welkome teken is nie, vreet ek my windskeef hoed op!
Daar is eintlik maar net een manier om van hierdie vis in die hande te kry en dit is -- wees daar. Om te wag tot die nuus van die vis wat loop, uitlek en dan te probeer is nie ‘n goeie plan nie. Liewer daar wees en dalk niks vang nie as by die huis sit en vir seker droëbek bly.
Saterdag was ‘n lieflike en rustige dag, in teenstelling met die see wat baie omgekrap was en net die groter bote kon dit waag agter die geelbek aan. Van hulle het dan ook teruggekeer met redelike vangste. Daar is ook ‘n paar kabeljoue en ander vis gevang. Die watertemperatuur van 18 grade was ideaal. Wanneer die water afplat en ons gewone ouens daar kan kom sal ons moet hoop die vis het nie weer pad gevat nie.
Oppas net vir die deurmekaar water. Die weer bly wispelturig.
Tot volgende keer, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.