Die geelbek is nog hier

Die geelbek is nog hier

Gansbaai Courant

Die weer, soos meeste van ons weet, is nie meer ‘n goeie aanduiding van hoe toestande op die see sal wees nie en dit veroorsaak dat om die boot in die see te kry ‘n gewaagde storie word aangesien jy onseker is van omstandighede. Die besluit deesdae

is dus om maar vroeg te gaan en indien nodig, terug te keer wanneer dit om veiligheidsredes nodig word. Daar is ook manne wat dít nie eens wil waag nie en dan so lank van die water bly dat ‘n stil dag op die see (selfs sonder vis) ‘n heel aanvaarbare opsie word. Net om darem ‘n slaggie die plesier te hê van dáár te kan wees.

Oor die algemeen is vangste maar sleg maar die manne wat ken van sal jou vertel van geelbek, snoek, makriel (en ook ‘n mooi witsteenbras) en die dag as hulle nie byt nie die ou staatmakers  -  hotties en roman. Selfs silwervis is nie baie begerig om te byt nie hoewel (en ek het dit nie eerstehands by hom gehoor nie) is daar iewers ‘n skipper wat praat van baie mooi, en sommer ‘n klomp, van hierdie visse. Hy het wel laat val dat dit baie diep is. Op die gewone plekke, en nie so erg diep nie is daar vreeslik marsbankers, en as dit nie ‘n welkome teken is nie, vreet ek my windskeef hoed op!

Daar is eintlik maar net een manier om van hierdie vis in die hande te kry en dit is  --  wees daar. Om te wag tot die nuus van die vis wat loop, uitlek en dan te probeer is nie ‘n goeie plan nie. Liewer daar wees en dalk niks vang nie as by die huis sit en vir seker droëbek bly.

Saterdag was ‘n lieflike en rustige dag, in teenstelling met die see wat baie omgekrap was en net die groter bote kon dit waag agter die geelbek aan. Van hulle het dan ook teruggekeer met redelike vangste. Daar is ook ‘n paar kabeljoue en ander vis gevang. Die watertemperatuur van 18 grade was ideaal. Wanneer die water afplat en ons gewone ouens daar kan kom sal ons moet hoop die vis het nie weer pad gevat nie.

Oppas net vir die deurmekaar water. Die weer bly wispelturig.

Tot volgende keer, Seemeeu

Die geelbek is nog hier

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant