Ouditeur-generaal besoek Overstrand

Ouditeur-generaal besoek Overstrand

Gansbaai Courant

“Die lewe is nie maklik nie, maar doen die regte ding, en die uiteinde sal die aanvang oortref.” Met hierdie woorde het Suid-Afrika se ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, die munisipale amptenare bemoedig wat bevoorreg was om op Dinsdag 20 Januarie 2015 tydens 'n kort besoek aan Overstrand na sy toespraak te luister.

Volgens Makwetu kom “om die regte ding te doen” daarop neer om dissipline toe te pas wanneer finansiële bestuur ter sprake is, om konkrete bewyse te lewer van die projekte/programme wat geïmplementeer is en om alle wette en regulasies na te kom.

Makwetu en sy span onderneem tans 'n landwye besoek aan alle plaaslike owerhede ter aanmoediging van daardie wat nie aan ouditstandaarde voldoen nie, en om te leer van dié wat wel hierdie standaarde nakom.

Na afloop van die 2013/14-boekjaar se oudit is Overstrand weer eens bevoeg en gesond verklaar: 'n Stand van sake wat Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie toeskryf aan 'n voorneme om koste te bespaar en in belang van almal saam te werk, ondanks politieke verskille.

Hierdie mening word deur die munisipale bestuurder, Coenie Groenewald, ondersteun wat glo dat juis hierdie voorneme van die Raad om die belange van die mense van Overstrand voorop te stel – belange wat aspekte insluit soos volhoubare infrastruktuur, 'n werkende ekonomie, 'n goedversorgde omgewing en die gesondheid en welstand van almal wat Overstrand as hulle tuiste beskou – dit vir munisipale amptenare moontlik maak om dienste van die hoogste standaard te lewer.

Ter afsluiting van Makwetu se ontmoeting met hooggeplaaste munisipale amptenare op die dag van die besoek, is hy en sy span getrakteer op 'n blitsbesoek aan sommige van die vername diensleweringsprojekte in die area waar hulle eerstehands kon waarneem hoe samewerkende staatsbestuur in die Overstrand sy grondslag vind in 'n nastrewing van waardes soos uitnemendheid, aanspreeklikheid, veerkragtigheid en deelname.

Botha-Guthrie het die Makwetu-afvaardiging gegroet met die versekering dat Overstrand vas van voorneme is om aan te hou om daarna te streef om 'n sentrum van uitnemendheid te wees vir almal in wie se diens dit staan – en dat daardie strewe 'n oorneme insluit om jaar na jaar 'n skoon oudit te behaal.

Noluthando Zweni

Ouditeur-generaal besoek Overstrand

Noluthando Zweni

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant