Birkenheaders opgewonde oor 2015

Birkenheaders opgewonde oor 2015

Gansbaai Courant

“Dit is sekerlik die eerste keer in die klub se geskiedenis dat daar 17 nuwe aansoeke aan die begin van die jaar op die kennisgewingbord geplaas is,” het Philip Fourie, voorsitter van die Birkenhead Boothengelklub onlangs gesê. Hy sê die aantal klublede, ingesluit booteienaars en skippers, het drasties gegroei wat die gewildheid van die klub beklemtoon. Klublede kom ook Woensdae op ‘n gereelde basis in die klubhuis bymekaar.

Dit dien as ‘n gesellige en ontspanne “Klein-Saterdagaand” en word benut om mekaar beter te leer ken en gesellig saam te kuier. Braaivleisvure word verskaf, tafels met eetgerei word reggeskuif, kroegfasiliteite is beskikbaar en al wat kortkom is die vleisie, slaaitjie en wat ook al. Terwyl die manne kuier en vleisbraai, is daar geleentheid vir die dames (nie verpligtend) om knap danspassies saam met Margi Muller aan te leer. Die eerste Woensdag van 2015 se sosiale byeenkoms is deur sowat 20+ lede en gaste bygewoon en daar is sommer tot laat-aand toe saamgekuier om die woelige week te onderbreek.

Kennis kan nou reeds van die Birkenhead Boothengelklub se jaarlikse “prestige” Valentynsdans in die vorm van ‘n Spitbraai op Saterdag, 14 Februarie 2015 geneem word. Hierdie geleentheid het só gewild geraak, dat alle besprekings nie altyd ge-akkomodeer kan word nie. Bespreek dus vroegtydig. Volle besonderhede sal in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant bekendgemaak word.

Navrae en/of besprekings kan nou reeds aan Lorraine Fourie by 083-450-3653 of Johan Wiese by 084-680-1269 gerig word.                                                                 

Hardus Botha

Birkenheaders opgewonde oor 2015

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant