Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Hierdie beskrywing pas beslis by Stanley Ferreira van Gansbaai Superspar: “Gelukkige Roomys-man”. Stanley vertel weer die verhaal van hoe dit alles begin het.
“Op 1 Maart 2014 het Kelly van Gansbaai Wimpy op ‘n drafstap na my in Spar gekom en my opgewonde meegedeel dat ‘n anonieme persoon vir 10 draairoomyse vir my vooruit betaal het,” sê hy. Hierdie welwillend-heidsgebaar het egter nie by 10 draairoomyse gestop nie.
Nou, ná 11 maande, het Stanley op sy verjaardag voor Gansbaai Wimpy gestaan en sy 333ste draairoomys geëet! Stanley het nog nooit geskroom om oor sy groot liefde vir draairoomyse te praat nie en hy noem sy onbekende weldoener/s sy persoonlike “Roomys Engel/e” wat steeds getrou sorg vir sy daaglikse “draairoomys-ontbyt” - “party dae sommer twee, afhangende van my suikervlak.”
Stanley vertel met die tong in die kies dat hy voel hoe die draairoomyse hom jonger laat voel en geen dokter moet vir hom sê dis ongesond nie. “Ek het selfs al my eie styl aangeleer om daardie daaglikse draairoomys baie sag en mooi te hanteer wanneer dit geëet word,” vertel hy. “Dankie weer eens, Roomys Engele, julle besef nie hoe baie ek dit geniet nie en die gedagte dat ek binnekort weer 17 jaar oud gaan wees, maak my baie opgewonde, maar dankie ook aan Gansbaai Wimpy vir julle flink diens en smaaklike roomyse.”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...