Perlemoendop: Nie net ou asbakkie

Gansbaai Courant

In Die Burger van Dinsdag, 13 Januarie 2015 skryf Jean-Pierre de Kock dat ‘n perlemoenskulp nie net ‘n “ou” asbakkie is nie. “Met ‘n streepsak vol en met die vraag, ‘doen ek werklik genoeg?’, wonder ‘n mens hoeveel tyd die stadig-groeiende spesie moontlik oor het voordat net strande vol leë skulpe ál is wat oorbly?”, is sy opmerking. Onder andere verwys Jean-Pierre na die strandgebied tussen Pearly Beach en Uilenkraalsmond waar hy en sy gesin op enorme hope perlemoenskulpe afgekom het.

“Hier waar stropers perlemoene ontskulp, in streepsakke gooi en oor die duine wegdra, staan nou ‘n berg doppe hoër as ‘n huis se dak,” sê hy. Hy sê die Departement van Omgewingsake het nie inligtingsborde opgesit (soos in die geval van walvis-maniere of die vroeë Khoisan-lewe) om te verduidelik waar die dophoop vandaan kom nie. “Daar is ook nie aantekeninge en illustrasies oor hoe stropers in die nag met flitse by die Dyereiland-reservaat rotsbanke leeg oes voordat hulle terugswem na Pearly Beach, waar hul makkers op die strand waghou nie.” Jean-Pierre verwys ook daarna dat “weens die voortgesette perlemoen-strooptogte langs die kus is, dit nou selfs onwettig is om met ‘n duikbril en ‘n snorkel hier te swem - slegs kommersiële duikers wat hul tonne uitry, het nog perlemoenkwotas.”

Maar hy sê dit was nie altyd so nie. “My ouma het ál haar kleinkinders in hierdie vlakwaters leer duik, jou leer spoeg in jou duikbril sodat dit nie opwasem nie en jou gewys hoe om seewater uit jou snorkel te blaas wanneer jy opkom.” Hy vertel met oorgawe oor onderwater se kleurryke anemone, haaibeursies, pylsterte wat verbysweef, sonstrale deur die bamboeswoude en veel meer. “En waag dit om ‘n ondermaat perlemoen uit te duik, of om jou kwota te oorskrei - die roede is ingespan!

“Só het ons die versteekte wonderwêreld in dié waters ontdek, maar met dophope soos dié, sal ons nageslagte moontlik nooit wettig die seelewe om Danger Point se kuswaters beleef nie - vir húlle sal ‘n perlemoendop dalk niks meer as ‘n ou asbakkie wees nie!”

Hardus Botha

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant