Respek vir die ankerman

Respek vir die ankerman

Gansbaai Courant

In plaas van die weeklikse hengelrubriek word daar nou  onder Seedinge geskryf. Nie dat dit so ‘n vreeslike verandering beteken nie, maar nou is daar ‘n nog groter opsie om oor  te skryf  --  die see en alles wat daarmee gepaard gaan. Daar gaan nog lekker geskryf en gelees word.

By die vissersbote wat ons ken is die man aan die stuur, of die skipper dan, die een wat gewoonlik die bevele gee. Die ankerman reken ek is die persoon wat die volgende aan die beurt staan sover dit verantwoordelikheid betref. Dit klink nie reg nie, nê! Dink bietjie. Waar die “crew” al vir ‘n heel ruk bymekaar is en die ankerman vervolgens sy storie ken sal dit so effens anders daar uitsien. Hy doen sy werk gemaklik, maar sy verantwoordelikheid bly  --  hy ken maar net sy storie beter as die groentjie.

Gewoonlik word hierdie man dan ook aangewys omdat hy liggaamlik meer geskik is om die werk te kan doen as die ander. Daar is wel verskillende maniere om die anker te bedryf. Hou in gedagte, wanneer jy voor in die neus geplaas word, is dit jou werk! Alle voorspoed.

Almal behoort te weet dat daar meer aan die trek van die anker is as wat algemeen aanvaar word. Eerstens is daar die ondankbaarheid van die ankerwerk. Wie wil in elk geval sy werk doen? Terwyl die man nog anker uitgooi en moet toesien dat die tou styfloop voor hy sy lyne kan uitgooi, het die ander manne al lankal hulle lyne in die water. Hy kan maar net kyk. En indien die anker vassit en daar word gesukkel, is dit ook nie so eenvoudig nie. Meerendeel moet die ankerman en die skipper ooreenkom wat gedoen moet word om alles veilig te hou. Daar is baie meer om op te let as net of die ankertou al styfgetrek het en dan die anker nader te bring. Dis dan wanneer die skipper nou met hom sal saamwerk en verskeie maniere sal probeer om ‘n oplossing te vind. Veral wanneer die water rof is beteken dit dat daar baie versigtig en planmatig opgetree moet word. Stel jou net voor, ‘n groentjie as ankerman, wat nie gehelp word nie en roekeloos op sy eie aangaan. Ook die gooi van die anker het sy probleme. As daardie tou onder die boot deurloop (gewoonlik is die skipper darem bedag op hierdie een!) is daar eindelose probleme. En die man wat die anker moet laat sak (nie gooi nie) wanneer jy tussen ander bote lê, sal weet hoe dit gedoen moet word. Hier word baie verleentheid gespaar.

Natuurlik kan jy iemand wys hoe om met die anker te werk, maar sal so ‘n persoon nie veel meer werd wees  indien hy dit self behoorlik kan doen en die veranwoordelikheid besef nie? Hoede af vir die ankerman!

Die manne met die lang stokke vang steeds hulle kabeljou, veral by die Gruis terwyl die amperbootjies ook goed vaar. Oppas net vir die baie kleintjies. By Joubert se Dam is ‘n paar baie mooi PW’s gevang.

Groete, Seemeeu

Respek vir die ankerman

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant