Rolbalnuus (29 Jan 2015)

Rolbalnuus (29 Jan 2015)

Gansbaai Courant

Die afgelope Saterdag, 24 Januarie, het Franskraal rolbalklub weer 'n baie suksesvolle geborgde ope driespel kompetisie aangebied. Ons borg vir die dag was Boland Makelaars. 

Sestien spanne het meegeding om, aan die einde van die dag, as wenners uit die stryd te tree.  Ons is vereer met besoekende spanne van sover as L’Agulhas (5), Paarl (1), Robertson (1) en Riviersonderend (2).  Baie dankie vir julle ondersteuning.  Julle teenwoordigheid het meegehelp om luister aan hierdie dag te verleen.  Franskraal Rolbalklub is deur sewe spanne verteenwoordig.

Die eerste wedstryde van die dag is op 'n gelote basis oor 12 koppe gespeel, waarna die volgende wedstryde op 'n sterk teen sterk basis afgehandel is.  Hierdie reëling bring mee dat die sterkste span aan die einde van die kompetisie as die wenner uit die stryd tree.  Aan kompeterende rolbal was daar geen tekort nie.  Alle deelnemende spanne het hul bes probeer om hul opponente te uitoorlê en goeie rolbal is gespeel.  Vir ons besoekers was daar dus oorgenoeg spannende wedstryde om te aanskou.  Die wenners van die dag was die span van Elsa van Tonder en haar span bestaande uit Cecile Beyers en Vincent van Tonder van L’agulhas, met in die tweede plek Betsie van Zyl en haar span van Riviersonderend.  Die derde plek is beklee deur die span van Dawie Beyers, ook van L’agulhas.  Baie geluk aan hierdie spanne.  Verblydend om te sien, was die aantal beginner rolbalspelers (novises) wat deelgeneem het. Ondervinding opgedoen by sulke geleenthede sal hulle in die toekoms baie goed te pas kom.

 Baie dankie aan Rouxdolf Mostert van Boland Makelaars vir die pragtige borgskap vir hierdie dag.  Sonder borgskappe  soos hierdie sou Franskraal Rolbalklub nie in staat gewees het om sulke kompetisies  aan te bied nie.  Boland Makelaars is al geruime tyd reeds een van ons getroue ondersteuners.  Rouxdolf, baie dankie vir julle volgehoue betrokkenheid by Franskraal Rolbalklub en vir jul belofte om in die toekoms weer by ons klub betrokke te wees.  Julle ondersteuning word baie hoog op prys gestel.

Ek sal my plig versaak as ek nie, langs hierdie weg, my hartlike dank uitspreek teenoor so baie van ons klublede wat hand opgesteek en hulle deel gedoen het om van hierdie dag 'n baie groot sukses te maak nie.  Daaronder tel ons mans verantwoordelik vir die voorbereiding van bane en uitsit van die telborde; Die dames verantwoordelik vir die voorbereiding van die vyfsterete en die hantering van lootjielys en pryse;  Una Conradie wat die tellings, die aanwys van bane vir spel, die uitwerk van die punte en wenners, asook ander posisies behartig het;  Ons manne by die “22nd End” vir die koue vloeibare verversings;  en laastens alle ander klublede wat op een of ander wyse by hierdie byeenkoms betrokke was. 

My hartlike dank aan julle vir julle opoffering en harde werk.  Dit gaan nie ongesiens verby nie.  Ons is werklik trots op elkeen van julle.  Baie dankie ook aan ons bestuur vir al julle werk tydens die vooraf  beplanning vir hierdie byeenkoms. Dit word opreg waardeer.

Ter afsluiting.  Ons Besigheidsliga neem op die 4de Februarie 'n aanvang en ons het al heelwat besighede en ander instansies wat daaraan gaan deelneem. 

Tyd vir inskrywings word nou baie kort en ons moedig spanne wat nog wil inskryf aan om dit so gou moontlik te doen, aangesien beskikbare plek nou min word. 

Kontak gerus vir  Marius de Wit by 0829260892 of Jane de Villiers by 0761262956 vir inskrywings. 

Rolbalgroete tot 'n volgende keer.  Philip Malherbe 

Rolbalnuus (29 Jan 2015)

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant