Ontmoet Toerisme se Maureen

Ontmoet Toerisme se Maureen

Gansbaai Courant

Maureen Valentine (43) was die suksesvolle kandidaat in Gansbaai Toerisme se siftingsproses om permanent as Inligtingsbeampte aangestel te word. Sy is reeds vanaf 16-jarige ouderdom (sowat 27 jaar) ‘n Gansbaaier, is getroud en het drie kinders. ‘n Dogter, Angelique (21) wat in België “au paur”, nog ‘n dogter, Megan (10) wat in Gr 10 in Gansbaai Academia is en ‘n seun, Curt-Lee (12) wat in Gr 7 by Gansbaai Primêr is.

Maureen is in Bredasdorp gebore en was later jare in die hoërskole Atlantis en Grabouw. Weens omstandighede kon sy nie matrikuleer nie, maar dit het haar nie ondergekry nie en sy verwerf haar matriek na-uurs aan die Umalusi College. Sy was ‘n bekende gesig by Gansbaai se Pep Stores waar sy vir sowat 12 jaar gewerk het en werk reeds as ‘n tydelike (“casual”) Inligtingsbeampte by Gansbaai Toerisme sedert April 2014. Gedurende November en Desember 2014 het sy op kontrakbasis vir Gansbaai Toerisme gewerk, waarna sy vir die permanente pos gekwalifiseer het en ander aansoekers stof in die oë geskop het.

“Ek geniet my werk as Inligtingsbeampte terdeë, veral die verskeidenheid van mense, kulture en tale waarmee ek daagliks te doene kry,” sê Maureen. Sy hou baie van die buitelug, natuurlewe en tuinmaak en is baie lief vir voetslaan en staptogte, “maar ek hou ook daarvan om te kook en te bak!” Gansbaai Toerisme se Bestuurder, Glenda Kitley sê daar is deeglik na die aansoeke gekyk en onderhoude is gevoer, maar Maureen het sonder twyfel as die geskikte kandidaat uitgestaan en sal nou aan deeglike interne opleiding blootgestel word.

Met Maureen se aanstelling in die plek van Heinrich Jansen as Inligtingsbeampte en Doulene Els as Administratiewe- en Akkommodasie Beampte, onder die bekwame leiding van Glenda, is Gansbaai Toerisme se personeel nou weer voltallig - die een so bekwaam soos die ander.

Vir vriendelike en kundige ondersteuning kan hierdie span by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net. Besoek ook gerus hulle webtuiste by http://www.gansbaaiinfo.com.

Hardus Botha

Ontmoet Toerisme se Maureen

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant