Wynsmaak wat lank agterbly

Wynsmaak wat lank agterbly

Gansbaai Courant

“As julle wil weet wat beteken die uitdrukking, ‘n ‘lang wyn’, moet julle weet dit is wanneer die smaak van die wyn langer in die mond agterbly as ander wyne,” het Erhard (Erkie) Roothman tydens ‘n vorige besoek deur Gansbaai Wynproegilde aan Jonkheer Wyne, Bonnievale gesê. Intussen het Erhard as Jonkheer se Keldermeester afgetree en woon nou permanent in De Kelders, maar hy mag maar spog met etlike wyntoeken-nings wat hy ontvang het. Nadat voorsitter Theuns Roodman met gebed geopen het en lede en gaste verwelkom het, het hy vir Erhard as aanbieder van die aand se wynproe-geleentheid aan die woord gestel.

“Ek wil graag vanaand die smaak- en reukverskil tussen twee baie goeie Sauvignon blanc wyne aan julle bekend te stel,” het hy gesê. Die twee Sauvignon blanc wyne (2014) waarna hy verwys het, is van Ataraxia Wynkelder by Hemel-en-Aarde en Zevenwacht Wynkelder by Stellenbosch - altwee puik wyne, maar tog verskillend as gevolg van die verskillende omgewings en ander omstandighede.

Die res van die aand se proewyne is eweneens ‘n interessante kombinasie van wyne wat ook deur Erhard uitgesoek is: ‘n Chenin blanc (2014) van De Wet Wynkelder by Worcester, Ataraxia se Serenity (2009), Holden Manz Wynkelder by Franschhoek se Chenin blanc (2010) en Jonkheer Wyne se Port (2014, wat in 2010 vervaardig is en wat een van Erhard se eie produkte was). Erhard se verduidelikings was leersaam en interessant.

Hy het die aand afgesluit met: “Hoe ouer wyn word, hoe beter proe dit - hoe ouer ek word, hoe meer geniet ek dit!” Die Great White House se knap sjef, Chris Pead, se smaaklike spyskaart het onder andere die volgende ingesluit: Voorgereg - “Mix peppers tomato soup”; Hoofgereg - “Chicken cordonbleu” met bykosse; Nagereg - “Death by Chocolate & Ice-cream”. Elizabeth Tobias was die flink kelnerin wat die wynproeërs bedien het.

Vir meer besonderhede rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-832-1614 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Wynsmaak wat lank agterbly

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant