Bietoubossers op dreef

Bietoubossers op dreef

Gansbaai Courant

“Die Bietoubossers het nie op hulle laat wag nie en die eerste byeenkoms het reeds op 13 Januarie plaasgevind,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Sy sê Enna Lotz het die musiek- en kunstalente van die besoekers ‘n bietjie uitgedaag met die spel “Pictionary”.

“Kunstig of te nie, almal het ywerig meegedoen en in die proses is ‘n bietjie van die ou jaar se sorge vergeet,” sê sy. Soos gebruiklik, was daar weer eens geen tekort aan heerlike versnaperinge, lekker saamkuier en gesels, veral so na ‘n lang vakansiebreek nie.

Die dames se positiewe uitkyk op 2015 word duidelik in die volgende aanhalings in hulle Nuusbrief weerspieël: “Kom ons sing so ver ons gaan; dan sal die pad minder vermoeiend wees” - Vergilius en “Moenie die lewe te ernstig opneem nie; jy sal nooit lewendig daar uitkom nie” - Elbert Hubbard.

Die volgende byeenkoms is op 10 Februarie om 10:00 in die kategesesaal by die NG Kerk, met Carine Badenhorst as die gasspreker en Enna Lotz en Elizma de Lange as gasvrouens. “Valentynsdag sal dan net om die draai wees - so bring gerus ‘n rooi roos saam,” sê Elizma.

Indien daar dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai is wat belangstel om aan te sluit of meer inligting verlang, kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 gekontak word, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Bietoubossers op dreef

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant