Jongboere Groei die Toekoms

Jongboere Groei die Toekoms

Gansbaai Courant

Dit is weer tyd om erkenning te gee aan Wes-Kaapse jongboere wat met fokus, innovering en entrepreneursvernuf die landbousektor van die provinsie en die land die toekoms in neem.

Agri Wes-Kaap is opgewonde om weer vanjaar saam met Santam Landbou ‘n Jongboer van die Jaar aan te wys wat deur toewyding en passie bydra tot die groeiende bevolking se behoefte aan voedselsekerheid. Die Wes-Kaapse wenner, wat in Mei aangekondig sal word, dring deur na die Nasionale Toyota SA Agri SA Jongboer van die Jaar wat later vanjaar aangebied word. ‘n Splinternuwe Toyota bakkie is onder meer vir die wenner op die spel.

Agri Wes-Kaap gee ook vanjaar aan lede van die publiek die geleentheid om ‘n jongboer vir die kompetisie te nomineer. Enige produsent onder die ouderdom van 35 jaar mag aan die kompetisie deelneem en lede van die publiek wat voel ‘n spesifieke produsent verdien erkenning, kan hom of haar vir die kompetisie nomineer. Skakel vir Johanne Rossouw by (021) 860 3804 of johanne@awk.co.za om ‘n waardige kandidaat te nomineer.

Jongboere word ook aangemoedig om vir die kompetisie in te skryf om hulle kundigheid, ervaring en visie vir die landbousektor te deel deur die wye mediadekking wat aan die provinsiale wenners gegee word. Agri Wes-Kaap weet sy jongboere is die beste van die beste en ons sien nes vorige jare uit na ‘n rekordgetal inskrywings.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by Johanne Rossouw by (021) 860 3804 of johanne@awk.co.za. Inskrywings sluit op Vrydag 27 Februarie. Gaan like die Agri Wes-Kaap Facebook-bladsy om op hoogte van die kompetisie en die finaliste te bly.

 Jeanne Boshoff

Jongboere Groei die Toekoms

Jeanne Boshoff

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant