Die krag van ons woorde

Die krag van ons woorde

Gansbaai Courant

“Sit 'n wag voor my mond, HERE, hou tog wag oor wat ek sê.” (Ps 141:3)  

“'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die regte woord op die regte tyd?” (Spr. 15:23)  “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”

(Mat 12:34)

“Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.” (Kol 4:6)

Die prys van alles het opgegaan. Behalwe dié van woorde – die het blykbaar gedaal.” (Johan Heyns) Ek dink dit is baie waar van die tyd waarin ons leef. Ons praat al hoe minder met mekaar – ons ‘teks’ sommer met ons selfone! Ons spreek ons eie opinie oor sake ook nie meer uit nie, want ons is bang vir wat mense sal sê. Ja, ons steek ons ware gevoelens maklik weg agter vleitaal en katvriendelike woorde. Geen wonder dat mense mekaar misverstaan en mekaar glad nie meer vertrou nie.

Woorde is egter baie kosbaar. Die Bybel word ook nie verniet GOD se Woord genoem nie. GOD het direk met ons kom praat deur Sy Seun Jesus Christus. Ek en jy mag praat omdat Jesus, die Woord, met ons gepraat het en nog elke dag wil praat. Nou mag ons nie meer ophou praat nie. Deur die woorde wat ek praat, maak ek myself aan ander bekend. Ons moet mekaar aanmekaar bemoedig met opbouende woorde en mekaar ondersteun met woorde van wysheid en waarheid.

Daar is krag in ons woorde. Ons kan met wat ons sê iemand anders se selfbeeld afbreek of opbou. Daarom moet jy dink voordat jy praat. Jy moet die Heilige Gees vra om jou gedagtes só te rig sodat jy altyd die regte woorde sal gebruik. Met wat jy vandag vir iemand gaan sê kan jy sy/haar hele lewe in ’n nuwe rigting instuur. Woorde gee hoop. Napoleon Bonaparte het gesê: “Ons regeer die wêreld deur ons woorde.”  Daarom moet jy ook aandag gee aan wat jy heeldag dink. As jy jou gedagtes met rommel en gemors vul, gaan dit by jou mond uitkom. Vul eerder jou gedagtes met alles wat mooi en waar en edel is. (Fil. 4:7,8).  As jy werklik ’n verskil in jou wêreld wil maak, moet jy die Woord van God bestudeer en dit jou eie maak. GOD praat deur Sy Woord met jou – en die Heilige Gees gee jou die wysheid om teenoor ander die regte woorde te gebruik.

Mag ons almal meer en meer met mekaar praat. Veral met ons kinders. Met ons huweliksmaats. Met die moedeloses. Ja, met almal wat op ons pad kom!

“Ons harte het woorde net so nodig soos liefde!”

(NP van Wyk Louw)

Die krag van ons woorde

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant